7 Tipe mense wat die Potch Facebook groep gebruik

Daar is 'n groot verskeidenheid persoonlikhede wat deel is van die Potch Facebook groep. Dit lok gereeld bakleiery tussen die diverse groep mense uit. Hier is 7 tipes wat aan die groep behoort.

Daar is ‘n groot verskeidenheid persoonlikhede wat deel is van die Potch Facebook groep. Dit lok gereeld bakleiery tussen die diverse groep mense uit. Hier is 7 tipes wat aan die groep behoort.

 

7. Die persoon wat nie regtig weet hoe Facebook werk nie

Hierdie groep mense, is gewoonlik van die ouer wyser mense wat onlangs eers Facebook en sosiale media ontdek het. Tog kan hulle ook van ‘n plaas af kom waar tegnologie so stadig soos die leefstyl is. Hulle weet tipies nie hoe om ‘n post te follow nie.

Daarom comment hulle op ‘n post met ‘n punt, sodat Facebook hulle sal laat weet as daar iets nuuts gesê word.

6. Die een wat altyd oorreageer

Dié persoon oorreageer op elke post wat op die groep gemaak is, selfs as daar volgens hulle te veel van dieselfde tipe advertensies op die groep geplaas word.

Dit gaan geweoonlik gepaard met dreigemente en die Caps lock aansit sodat almal weet dat hulle skree.

Pasop vir hulle, hulle is glo gewoonlik nogal gevaarlik.

   5. Die ‘Clueless’ adverteerder

Hierdie groep probeer hulle beste om almal in kennis te stel van die produk wat hulle verkoop of die diens wat hulle lewer. Soveel so dat meeste van die mense op die groep nie net weet van die produk of diens nie maar al so baie daarvan gesien het dat niemand meer omgee as die mense weer adverteer nie. Dalk moet hulle probeer adverteer dat hulle produk of diens nie ‘n arm en ‘n been gaan kos nie.

4. Die ‘Grammar Nazi’

Pasop vir die groep, hulle glo dat hulle baie slimmer is as die gewone Potchefstromer pleb wat die groep gebruik. Hulle spring vinnig op hulle perdjies om almal se spelling en sinskonstruksie te korrigeer. Hulle raps mense met hulle ‘virtual’ liniale oor die vingers soos die onderwysers van ouds. Hulle is ook vreeslik trots op die feit dat dit is hoe hulle geleer spel het. Die suiwer gebruik van die Afrikaanse taal is ‘n kwessie wat die groepie voel hulle moet aanspreek op ‘n Facebook groep… Ek jok nie, regtig.

3. Die Moeilikheidmaker A.K.A ‘die Troll’

Die groep gaan uit hulle pad uit om aanstootlik te wees. As iemand se hond weg is en hulle gebruik die groep om die hond te probeer op spoor sal die ‘troll’ komentaar lewer oor hoe die persoon nie die hek moet oop los nie en dan aangaan oor hoe die persoon nie mag diere besit nie. Hulle sê eintlik niks en bied nooit oplossings nie. Saam moet ons hierdie groep eintlik jammer kry omdat hulle maar net aandag soek.

2. Die Oorywerige admin

Hulle begin gewoonlik ‘n ‘comment’ met ‘as Admin van hierdie groep’ dan gaan hulle voort om te verduidelik hoe belangrik en moeilik hulle rol as admin is. Daarna word ‘n rede gegee oor hoekom ‘n post afgehaal word. Gevolg met ‘n lang verduideliking oor die reëls wat die persoon as Admin opgestel het vir die groep en hoekom dit belangrik is dat dit gevolg word. Die oorywerige admin moet belangrik voel in ‘n wêreld waar niemand ander dink hy/sy is belangrik nie

1. Die Persoon wat nooit die hele post lees voor hulle komentaar lewer nie

Die grootste sondebok op die groep is die mense wat nie die artikel of oorspronklike post lees voordat hulle komentaar lewer nie. Hulle sien die woord  misdaad dan spring hulle dadelik op en begin vir almal vertel hoe swak die polisie is.

As bewys dat die hele land se polisie swak is, gebruik hulle ‘n storie wat hulle om ‘n vuur gehoor het een aand van ‘n vriende se vriend se ouma wat in haar huis beroof is en die polisie het niks gedoen aan die saak nie.

Intussen tyd gaan die post eintlik oor hoe misdaad in die land besig is om te verdwyn.

Soortgelyke Stories

6 Tipes vroue wat mans nie mee wil trou nie

Top 5 Gru-films in die laaste vyf jaar

8 Tipe mans wat vroue onaantreklik vind

5 Fashion crimes Potchefstromers are guilty of

6 bekendes wat in Potch gebore is

 

 

Exit mobile version