Top 5 Gru-films in die laaste vyf jaar

Wat is beter as om op 'n Vrydagaand saam jou geliefde onder 'n kombers in te kruip en flieks te kyk? As jy jou geliefde so naby aan jou as moontlik wil hê is dit die beste om 'n gru-film te kyk. Die tipe films se bang maak oomblikke sal verserker dat jou meisie of kêrel styf teen jou sit vir beskerming.

Wat is beter as om op ‘n Vrydagaand saam jou geliefde onder ‘n kombers in te kruip en flieks te kyk?

As jy jou geliefde so naby aan jou as moontlik wil hê is dit die beste om ‘n gru-film te kyk. Die tipe films se bang maak oomblikke sal verserker dat jou meisie of kêrel styf teen jou sit vir beskerming.

Daar is talle uitstekende gru-films om van te kies, hierdie lys sal fokus op die beste van die laaste vyf jaar, omdat dit gewoonlik amper onmoontlik is om die ou klassieke gru-films soos, Nosferatu, The Shining, The Birds of Psycho in die hande te kry.

Hier is die top 5 gru-films in die laaste vyf jaar

5. It Follows

Vir ‘n film wat maar $18 miljoen gemaak het by die “box-office” bly dit ‘n sukses. Eerstens omdat dit ‘n baie slim storielyn het maar ook omdat dit maar ‘n skaamelinge $2 miljoen gekos het om te maak.

‘n Meisie wat daarvan droom om met ouens te begin uitgaan, kry haar wens, maar dan los die ou haar met ‘n geheimsinnige ding wat haar volg. Die enigste manier om va ndie ding ontslae te raak is om dit aan iemand anders oor te dra. Baie mense beskou die film as ‘n gelykenis oor die gevare van onbeskermde seks in vandag se tyd van vigs.

It follows is ‘n moderne gru-film wat net werk op alle vlakke.

4. A Girl Walks Home Alone at Night

In die Iraanse spook-dorp Bad City, ‘n plek wat na die dood en eensaamheid ruik, is die dorpsmense onbewus dat hulle deur ‘n eensaam vampier bekruip word.

A Girl Walks Home Alone at Night is ‘n Tarrentino’esque vampier film. Die film is op ‘n baie klein begroting gemaak, en baie beperk vry gestel. Die film het maar $500 000 gemaak. Tog vat dit nie weg va ndie poulariteit van die film nie. Met amper ‘n 80% goedkeuring deur  die gehoor op rottentomatoes.com is dit ‘n film om nie te mis nie. Dit mag dalk moeilik wees om die film in die hande te kry, maar is heeltemal die moeite werd om aanlyn te koop. Maak maar reg om subtitels te lees omdat die film in Iran af speel en almal Iraans praat.

3. The Conjuring

Paranormale ondersoekbeamptes Ed en Lorraine Warren help ‘n gesin wat deur ‘n donker teenwoordigheid in hul plaashuis geterroriseer  word.

Hierdie film is gebaseer op die sogenaamde ware verhale van Ed En Lorraine Warren wat in die 70s en 80s vreemde verskynsels ondersoek het. Tog weet ons almal dat die gebeure in ‘n film nie 100 % waar kan wees nie.

Nou goed, ons almal weet dat The Conjuring 2 op pad is, dit gee soveel meer rede om solank nommer 1 te kyk. Alhoewel vervolg films nooit so goed is soos die oorspronklike nie. The Conjuring is een van die gru-films wat die meeste geld nog ooit gemaak het, met $318 miljoen by die “box-office”

As jy wil  verseker dat jy die res van die aand wakker lê en opspring vir elke kraak geluid en te bang is om jou kas oop te maak, dan is hierdie die film vir jou.

2. The Babadook

‘n Enkelma,wat sukkel om oor die die gewelddadige dood van haar man te kom, sukkel met haar seun se  vrees vir ‘n monster wat in hulle huis skuil. Sy ontdek vinnig dat daar wel ‘n sinistere teenwoordigheid is die huis is.

In kort, een van die mees skrikwekkende films wat al ooit gemaak is, dit kombineer die sielkundige aanslag van The Shining met die supernatuurlike elemente van ‘n film soos Paranormal. Dit maak staat op regte sielkundige bangmaak in plaas van goedkoop , vinnige skrikmaak.

Rottentomatoes.com, gee die film 98% met 73% gehoor goedkeuring.

1. Sinister

Misdaad skrywer Ellison Oswalt vind ‘n boks van Super 8 films in wat daarop dui dat die die moord wat hy tans besig is om na te vors  die werk van ‘n reeksmoordenaar is wie, al in die 1960s mense begin dood maak het.

Vir die volle effek, kyk hierdie een so laat in die aand as moontlik, met al die ligte af en alleen of dalk net saam ‘n klein aantal ander mense. Sinister, ‘n ware moderne “classic” wat eendag dieselfde geag sal word as Pshycho en The Exorcist.  Sinistere lewer ‘n verrassende aantal vars, diaboliese “twists”

Twee films wat in 2016 uit kom wat verseker dit in die top 5 sou maak as ons dit al gesien het.

The Forest

The Boy

Soortgelyke Stories

5 Fashion crimes Potchefstromers are guilty of

5 van die snaakste reaksies op Twitter tydens #Zumaimpeachment

6 bekendes wat in Potch gebore is

5 Tipes mense wat jy nog op kampus gaan ontmoet

On My Playlist: Top 5 Yellowcard Songs

Exit mobile version