Rugby Championship

Naelbyt Rugbykampioenskap 2024 skop weer af

Dustin Wetdewich

Vanjaar se Rugbykampioenskap, wat hierdie naweek reeds begin, gaan beslis ‘n interessante kompetisie wees. Daar sal soos elke jaar rugby van die hoogste gehalte ten toon gestel word, maar daar is ook vanjaar ‘n paar proefreëls wat in werking gaan tree. Die een waarvoor baie al lank gevra het, is die 20 minuut rooikaart. Dié reël sê dat wanneer ‘n speler met ‘n rooikaart afgestuur word, hy eers na 20 minute met ‘n ander speler vervang kan word. Tog sal doelbewuste vuilspel met ‘n hoë vlak van gevaar steeds na ‘n volkome rooikaart lei, waar die oortreder nie vervang sal mag word nie. Een van die meer interessante reëls is dat ‘n bal skeef in die lynstaan ingegooi kan word, mits die ander span nie vir die bal meeding nie. Die bal moet steeds vir iemand in die lynstaan ingegooi word en mag nie na die skrumskakel of oor die lynstaan na die losskakel toe gegooi word nie. Lynstane en skrums moet ook binne 30 sekondes opgestel wees. In die eerste rondte van die kompetisie speel die Springbokke teen Australië in Brisbane terwyl Nieu-Seeland die Poemas van Argentinië in Wellington aanpak. Bok ondersteuners gaan moet vroeg op wees om die Bokke in aksie te sien. Die wedstryd skop om 06:30 SuidAfrikaanse tyd af.

Back to top button