NewsNews

Covid in Potch klim steeds

Die aantal aktiewe gevalle van Covid-19 in Potchefstroom en Ventersdorp is steeds besig om te styg.

Die aantal aktiewe gevalle van Covid-19 in Potchefstroom en Ventersdorp is steeds besig om te styg. Volgens die Noordwes Departement van Gesondheid se nuutse syfers, was daar teeen Maandag 340 aktiewe gevalle in die J.B Marks munisipaliteit. Drie dae gelede was die aantal aktiewe 166 waarna dit na 234, 301 en uiteindelik 340 gestyg het. 1 616 898 dosisse van die entstof is al in die Noordwes toegedien. Die departement maan inwoners om aan alle Covid-19 protokolle te voldoen. “Dra jou masker, hou ‘n gesonde afstand van ander en vermy groot byeenkomste en onnodige reis,” het die departement gesê. President Cyril Ramaphosa sal na verwagting Woensdag met die Covid-19 bevelsraads vergader om die skerp styging van gevalle in die land te bespreek.  

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button