CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Voormalige burgemeester nog nie gesond vir hof

Die hofsaak waarin Kgotso Khumalo, Cyril Henry en Mohau Shuping vir diefstal en bedrog aangekla word, is verlede Woensdag, 1 Desember  vir ‘n derde keer uitgestel.

Die hofsaak waarin Kgotso Khumalo, Cyril Henry en Mohau Shuping vir diefstal en bedrog aangekla word, is verlede Woensdag, 1 Desember  vir ‘n derde keer uitgestel.

Kgotso Khumalo, die eertydse burgemeester, Mohau Shuping, opsigter van die sport en rekreasie fasiliteite en Cyril Henry, uitgetrede direkteur van munisipale dienste en plaaslike ekonomiese ontwikkeling, staan altesaam op nege aanklagte van diefstal en bedrog ter waarde van R577 218 tereg. Dié geld het hulle na bewering in 2018 en 2019 uit ‘n munisipale trustfonds gesteel.

Die hofsaak het op Dinsdag, 12 Oktober in die Ventersdorpse streekhof begin met Willem Coetzee, ‘n Potchefstroomse prokureur, wat eerste getuig het. Coetzee se prokureursfirma het die trustfondsrekening van die munisipaliteit bestuur.

Die verhoor kon egter nie die tweede dag voortgaan nie omdat Khumalo siek was. Volgens die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), Henry Mamothame, het sy regsverteenwoordiger ‘n mediese sertifikaat van Khumalo aan die hof oorhandig, maar sy regspan het nie aangedui wat hom makeer nie.

Die hofdatum is vir ‘n tweede keer op 8 November en vir ‘n derde keer op 1 Desember uitgestel nadat mediese sertifikate aan die hof oorhandig is. Volgens  Mamothame sal die verhoor eers weer volgende jaar op 28 Februarie hervat.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button