CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Heelwat nuwe uitstallers by Rooy Kosmark dié Sondag

Daar is baie nuwe stalletjies hierdie Sondag, 31 Oktober by die Rooy Kosmark en Kattebakverkoping (Car Boot Sale) op uitstalling.

Daar is baie nuwe stalletjies hierdie Sondag, 31 Oktober by die Rooy Kosmark en Kattebakverkoping (Car Boot Sale) op uitstalling. Moet ook nie die “stiltwalker” op sy lang lenige bene misloop nie. Tania van Rooyen, ‘n professionele sjef, reël die mark al vir die afgelope ses jaar en met die meer as 50 stalletjies sorg sy dat die fynproewer se sintuie behoorlik geprikkel word.

Die mark vind van 10:00 – 15:00 by die Van Rooyensaal in Piet Bosmanstraat plaas en toegang is gratis.

Vir die kleinspan is daar gesigverf, ʼn verskeidenheid speletjies, ʼn springkasteel en trapkaskarre om hul besig te hou terwyl ma en pa na hartelus proe.

Daar is boetiekbier en wyne te koop en diegene wat ‘n mengeldrankie verkies, sal ook baie opgewonde wees oor die grinadella gin.

Vir die hongeres is daar heerlike Maleise lamskerrie, tradisionele skaapafval, beesstert met stampmielies, kerrie en rys en outydse lewerkoekies. Daar word ook vir die vegans voorsien met heerlike Meksikaanse vegan-disse op die spyskaart.

Indien jy op die uitkyk is vir ʼn spesiale geskenk kan jy rondsnuffel tussen silwer juweliersware, geskenkies vir babas, badbomme, klerer, houtmodelle en kralewerk. Versamelaars van oudhede kan met die kattebakverkoping (Car Boot Sale) dalk ook ‘n verrassing of twee ontdek.

Die mark pas alle Covid-19-regulasies toe daarom moet jy jou masker onthou. Uitstallers en besoekers is verbind tot Covid-19-protokol. Diegene wat graag nog deel wil wees van die mark en hul produkte of goedere wil verkoop, kan gerus vir Tania by 079 918 2092 kontak. Stuur ʼn epos na hullabaloo.decorhire@gmail.com. Die volgende mark word weer op Sondag, 28 November aangebied.

Related Articles

Back to top button