CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Vullis word steeds verwyder

Vullis sal Donderdag en Vrydag steeds verwyder word al is die pad na die stortingsterrein gesluit.

Vullis sal Donderdag en Vrydag steeds verwyder word al is die pad na die stortingsterrein gesluit.

Die munisipaliteit maak nou van Matlosana (Klerksdorp) munisipaliteit se stortingsterrein in Stilfontein gebruik om die agterstand in vullisverwydering in te haal en vra dat inwoners asseblief met die proses geduldig moet wees. So sê William Maphosa, woordvoerder van die JB Marks munisipaliteit.

Die agterstand in vullisverwydering is as gevolg van Hillside View inwoners van Promosa wat betoog omdat die munisipaliteit hulle nie wil help om hul puttoilette te dreineer nie.

Inwoners wat in Hillside View bly, het kennisgewings in 2019 ontvang dat hulle binne ‘n maand op nuwe erwe in ‘n uitbreiding (Hillside View) wat vir hulle uitgesit is, moet bly anders sal hulle die erwe verloor. Die erwe was nie met riool- water en elektrisiteit toegerus nie en die munisipaliteit sou dié dienste later aanbring.

Inwoners het puttoilette in hul erwe gegrawe om voorsiening te maak vir hul sanitêre geriewe, maar dié puttoilette loop sedert Junie vanjaar oor. Die munisipaliteit het egter nie ag geslaan op die inwoners se versoeke sedert Junie vanjaar nie, daarom het hulle besluit om te betoog.

Die munisipaliteit het Woensdag begin om die puttoilette te dreineer en ook asbliksakke aan die inwoners uitgedeel. Hulle sal ook nou begin om een keer per week op ‘n Dinsdag vullis in dié woonbuurt te verwyder.

Related Articles

Back to top button