NewsNews

LyriMus maak plaaslike musiek lewendig

Braam Coetzer, Sampie Claassen, Hanke de Kock en Jananda Coetzer het opgetree met elkeen wat op hulle eie unieke manier die gehoor bekoor het.

Die LyriMus Sessions #3 wat op Saterdag, 23 Oktober plaasgevind het, was ‘n groot sukses. Braam Coetzer, Sampie Claassen, Hanke de Kock en Jananda Coetzer het opgetree met elkeen wat op hulle eie unieke manier die gehoor bekoor het.

Sampie se weergawe van Dozi se “Pennies op die Spoor” was veral ‘n treffer op die aand. Hanke se weergawe van “I dreamed a dream” uit Les Misrables sowel as die John Legend treffer, “All of Me” het groot applous ontlok. 

Jananda het met ‘n paar golden oldies soos “Those Were The Days” die gehoor laat saamsing, terwyl Braam met die Beatles se “Ob-la-di, ob-la-da” en Kenny Rogers se “The Gambler” die aand op ‘n energieke wyse afgesluit het. 

Braam Coetzer, Sampie Claassen, Hanke de Kock en Jananda Coetzer. Foto: Verskaf.

Die volgende vertoning vind 6 November plaas.

Skakel Braam Coetzer op 082 570 4838 vir meer inligting.

Related Articles

Back to top button