SportSport

Van Skoolbank na Sportveld: Donevan du Toit

Skool: Potchefstroom Gimnasium Ouderdom: 15 Sport: Atletiek Beste prestasies: In my Graad 8-jaar het ek die SA o.15 kampioenskappe in Rustenburg in verspring gewen het. Hoogtepunt van die jaar (seisoen): Toe ek op my verjaarsdag my persoonlike beste in verspring gespring het. Dit was 6.88. Ek het ook by die huissport die skool se verspringrekord …

Skool: Potchefstroom Gimnasium

Ouderdom: 15

Sport: Atletiek

Beste prestasies: In my Graad 8-jaar het ek die SA o.15 kampioenskappe in Rustenburg in verspring gewen het.

Hoogtepunt van die jaar (seisoen): Toe ek op my verjaarsdag my persoonlike beste in verspring gespring het. Dit was 6.88. Ek het ook by die huissport die skool se verspringrekord van 6.63 gebreek (die eerste keer in 39 jaar).

Hoe het jou passie vir sport (atletiek) ontwikkel? Met die jare het ek atletiek gedoen, toe gaan ek aan daarmee en sedert ek 10 is, gaan ek elke jaar SA’s toe. Dit gee my baie plesier.

Hoe balanseer jy skoolwerk en sport? My akademie is nie sleg nie, maar sport is geneig om voorkeur te kry omdat ek so baie daarvan hou!

Lewenslesse wat jy uit sport geleer het: Ek het toe ek jonger was baie atletiekvideo’s gekyk. Usain Bolt het een keer sy arms in die lug gehad voor hy gewen het en ek het gedink dat dit ’n goeie idee is om na te boots.  Ek hardloop toe in ’n 80 meter-wedloop en steek ook my hande in die lug op, maar toe verloor ek balans en val ek reg voor die eindstreep! Dit het my geleer om 100% te gee tot die einde.

Wie is jou held? Edwin Schoeman is my rolmodel en mentor. Ek kan baie by hom leer en ek wil graag eendag soos hy wees. Ek kyk ook op na hom omdat sy band met God baie groot is.

Wat maak Potchefstroom uniek en waar is jou gunsteling plek? Die studentelewe maak die dorp uniek. Ek sal graag hier wil studeer.

Vyf items wat jy op ’n verlate eiland wil saamneem: Selfoon, oefenklere, tekkies, geld, water om te drink.

Vyf mense wat jy nog sal wil ontmoet? Ek het net drie,  Usain Bolt, die Here en Rodger Federer.

Twee dinge wat jou irriteer? Oneerlikheid, mense wat vinnig moed opgee.

Drie dinge wat jou gelukkig maak? Atletiek, mense wat gelukkig is om my en ek hou van verrassings.

Pizza of KFC? Pizza

Rock of Popmusiek? Popmusiek

Verspring, aflos of 200 meter? Verspring.

Aksie of komedie? Komedie

Facebook of Instagram? Instagram

Vyf mense teen wie jy wil hardloop? Die huidige Olimpiese 100 meter finaliste.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button