SportSport

Pretorius se Patria reg vir Varsity Koshuisliga

Tyd is amper verstreke op die Royal Bafokeng-stadion net buite Rustenburg. Dit is 2006. Die Springbokke is slegs twee minute weg van hul sesde agtereenvolgende nederlaag. Weer die All Blacks hierdie keer. Het mos geweet. Koebaai Jake. Eers was daar Frankryk in Kaapstad, tóé daardie onvergeetlike 49-0 vernedering teen die Wallabies in Brisbane. In Wellington …

Tyd is amper verstreke op die Royal Bafokeng-stadion net buite Rustenburg. Dit is 2006. Die Springbokke is slegs twee minute weg van hul sesde agtereenvolgende nederlaag. Weer die All Blacks hierdie keer. Het mos geweet. Koebaai Jake. Eers was daar Frankryk in Kaapstad, tóé daardie onvergeetlike 49-0 vernedering teen die Wallabies in Brisbane. In Wellington loop John Smit se span hul 35-17 teen die All Blacks vas. In Sydney byt hul die stof 20-18 teen Australië. Bomskok in Pretoria, Nieu-Seeland slag Bok se kind in repe tot 45-26 af. Terug op Royal Bafokeng en die Springbok losgemaal beweeg tree-vir-tree vorentoe, so entjie van die kantlyn af. Dit gaan grond toe. Die All Blacks se agtsteman, Rodney So’oialo, kry sy soveelste breinontploffing en storm Victor Matfield van die kant af dat sy agterstewe net aarde proe. “Ek onthou dat ek net voor dit begin kramp het,” vertel daardie dag se Boklosskakel, André Pretorius. Skeidsregter Chris White blaas sy fluitjie. Haikona Rod, genoeg is mos nou dêm wel genoeg. “John Smit stap na my toe, gee my die bal en sê: ‘Eerder jy as ek, maat,’” lag hy. Die kenmerklike sandhopie gaan op, die regoppale word deurkloof, die Springbokke wen 21-20 en Jake word van ‘whitewash’ gered. Die volgende week word die Wallabies 24-16 op Ellispark getroef en later die jaar beteken vier Pretorius-skepdoele dat die Bokke die eerste keer sedert 2000 vir Engeland klop en die eerste keer op Twickenham sedert 1997. Vir die groot verhoog skrik Patria, manskoshuis van die NWU-Puk, se nuwe afrigter nie. Dit is ook een van die vernaamste eienskappe wat die 37-jarige Pretorius aan sy span gaan oordra wanneer hulle Maandag vir Oppierif van UJ in die Steinhoff Koshuisliga gaan aandurf. “UJ het ‘n sterk koshuisliga. Ek weet want ek was self daar. Inteendeel, ek wás in Oppierif. “Ons weet egter nie rêrig wat om van hulle te verwag nie en miskien is dit  goeie ding. Dit dwing ons om ons spelpatroon op hulle af te dwing,” sê hy. “Ek dink ons (Patria) het laas jaar in ons eerste wedstryd bietjie verhoogskrik gekry. Ons gaan Maandag van die begin af moet speel want ons gaan nie kan bekostig om vir ‘n oomblik te huiwer nie. Ek het ‘n ongelooflike groep spelers en ek weet hulle sal dit kan doen.” Hulle hou my betrokke by die spel en hulle leer my wat rugby werklik is. Waaroor dit werklik gaan. Hulle het só  ‘n verfrissende gesindheid. “Hierdie spelers word nie betaal nie, hulle is lief vir die spel en hulle is uiters professioneel. Ek leer baie lesse by hulle.” En hy, wat gaan hy vir hulle leer? “Om nie vir mislukking bang te wees nie. “Ek wil hê hulle moet hulself op die veld binne ons strukture uitleef. Ek sal nooit vir ‘n speler kwaad wees wat iets op die veld probeer nie. Nooit nie. Hulle moet nooit bang wees nie,” beklemtoon hy. Want toe Smit vir hom sê “eerder jy” sal die rekordboeke vir altyd wys dit was hy.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button