SportSport

Gimmies bo in Prestige atletiekbyeenkoms

Potchefstroom Gimnasium het op Saterdag 6 Februarie ‘n Prestige-atletiekbyeenkoms aangebied waaraan Vereeniging Gimnasium, Hoërskool Garsfontein en Hoërskool Centurion deelgeneem het. Die byeenkoms is net na 15:00 afgelas as gevolg van reën en weerlig. Die puntestand op daardie stadium was as volg: Gimmies 749, Garsfontein 687, Centurion 322 en Vereeniging Gimnasium 313. Gimmies het voortreflik presteer …

Potchefstroom Gimnasium het op Saterdag 6 Februarie ‘n Prestige-atletiekbyeenkoms aangebied waaraan Vereeniging Gimnasium, Hoërskool Garsfontein en Hoërskool Centurion deelgeneem het.

Die byeenkoms is net na 15:00 afgelas as gevolg van reën en weerlig. Die puntestand op daardie stadium was as volg: Gimmies 749, Garsfontein 687, Centurion 322 en Vereeniging Gimnasium 313.

Gimmies het voortreflik presteer en hulle klem op interhoër dominasie gelê teen die sterk skole soos Garsfontein, wat ’n paar kranige atlete in hulle geledere gehad het.

Donevan du Toit se 100 meter in ’n blitsige 10.92 sekondes was een van die hoogtepunte met leerlinge en onderwysers wat die jong atleet na die wedloop gelukgewens het.

Jana Steinman het ook met haar tegniek in die o.17 dogters gewigstoot bewys. Stephan Delport was ook pure krag in die hamergooi item.

Hier is die rekords wat Gimmies op die dag gebreek het.

  • Donevan du Toit (100m seuns o.16) 10,92 sek.
  • Lumka Gebenyana (100m hekkies seuns o.15) 13,91 sek.
  • Jana Steinman (gewigstoot dogters o.17) 14,40m.
  • Roubert Rousseau (diskusgooi seuns o.17) 50,86m.
  • Stephan Delport (hamergooi seuns o.17) 48,05m.
  • Philip Botha (spiesgooi seuns o.14) 54,10m.
  • Jonette Labuschagne (spiesgooi dogters o.16) 42,28m.
  • Petrus van Aarde (1 500m stap seuns o.15) 07:52,24 sek.

Kyk die foto’s van die byeenkoms hier: https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/9288/atlete-woeker-by-skouspelagtige-gimmies-prestige-atletiekbyeenkoms/

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button