CommunityEntertainmentNews

Luister boodskap van hoop in tyd van wanhoop

Op tuisbodem is dit die groep One Crown wat met harde positiewe musiek mense se lewens wil red.

“Harde negatiewe musiek het my lewe gered.”
So sing Fokofpolisiekar op hulle enkelsnit, B2CY.
Op tuisbodem is dit die groep One Crown wat met harde positiewe musiek mense se lewens wil red.
One Crown is ‘rock’ groep wat Christelike musiek maak. Die boodskap in hulle snitte is duidelik, hulle is Christene.
One Crown het in 2012 ‘n Ghoema-toekenning gewen vir beste ‘rock’ album en in 2013 ‘n Huisgenoot Tempo-toekenning vir beste ‘rock’ album. In 2014 word hulle weer vir ‘n Ghoema-toekennig genomineer. In 2017 en 2018 het hulle in Amerika gaan toer.
In kort, behalwe dat hulle ‘n positiewe boodskap uitdra, maak hulle ook goeie musiek.
“Ek dink ons sien onsself amper meer as ‘n ‘ministry’ as ‘n ‘band’,” verduidelik sanger, kitaarspeler en oud-Gimmie, Hendri Hofmeyr.
“Ek onthou een keer het ons ‘n ‘show’ gedoen en na die tyd toe kom ‘n outjie uit die gehoor uit. Hy het vertel dat hy nie na die ‘show’ toe wou kom nie, maar sy vriend het hom soort van gedwing. Hy het gesê hy het tydens daardie ‘show’ die Here gevind. Hy was van plan om selfmoord te pleeg,” vertel tromspeler, Werner Taljaard.
Die lede van One Crown is dit eens dat daar genoeg negatiewe dinge is wat gebeur. Hulle wil positiwiteit in die wêreld instuur.
Die boodskap is positief en gegrond op hulle geloofsoortuigings, maar hierdie is nie ‘n kamerkoor nie.
Harde kitaargedrewe ruk en rol dryf meeste van die snitte op hulle nuutste album wat 22 Julie uitgereik word.
Met lirieke soos: Ek voel Jou bloed hier in my are vloei, ‘n nuwe lewe het begin. My verlede los ek agter my, vir die eerste keer maak alles sin, en Ek was verlore, Jy het my gevind, hierdie is my reddingstorie. Ek het net vir myself geleef nou leef ek vir Jou glorie,” is die oorhoofse tema van verlossing duidelik.

Daar is ook ‘n baie mooi verwerking van die loflied, Nader My God by U. Die orrelklanke bring hulde aan die Loflied se oorsprong. Dit word so goed verweef met die elektriese kitaar dat, alhoewel mens dit nie kan indink nie, die klanke mekaar komplementeer.

 

 

Plaaslike vervaardiger Johan Viljoen het weer gewys dat dit nie nodig is om jou musiek buite Potchefstroom te laat vervaardig nie.
One Crown maak musiek vir ‘n positiewe bydrae tot die samelewing, om eer aan God te bring en bloot net vir die pure plesier wat hulle daaruit kry.

 

Related Articles

Back to top button