CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Fotokompetisie se sluitingsdatum is uitgestel

Die sluitingsdatum van die fotokompetisie, The Face of Potchefstroom 2021, is van 30 Junie na 30 September verleng, wat fotograwe en modelle die geleentheid gee om in die volgende drie maande nog in te skryf.

Die sluitingsdatum van die fotokompetisie, The Face of Potchefstroom 2021, is van 30 Junie na 30 September verleng, wat fotograwe en modelle die geleentheid gee om in die volgende drie maande nog in te skryf.

Dié kompetisie wyk van die tradisionele fotokompetisie af deurdat professionele- en amateurfotograwe en ook modelle daaraan kan deelneem. Dit word aangebied deur JannyDjan Models en die Potchefstroomse Museum in samewerking met Trots Potch en Banna Ba Kae.

Professionele- en amateurfotograwe en modelle het twee afdelings om voor in te skryf – die fotogeniese- en fotografiese-afdeling.

In die fotogeniese-afdeling word treffende foto’s van een persoon verlang. Die persoon op die foto word beoordeel en staan ‘n kans om ‘n prys te wen. Kategorieë waarvoor ingeskryf kan word, is baba (0-24 maande), peuter (2-4 jaar), kleuter (5-8 jaar), pre-tiener (9-12 jaar), tiener (13-17 jaar), volwassenes (18-29 jaar) en persone wat 30 jaar en ouer is.

In die fotografiese-afdeling ding die fotograwe mee en word die kwaliteit van hulle foto’s beoordeel. Die foto’s wat ingeskryf word, moet die eiesoortige karakter van Potchefstroom, sy mense en omgewing uitbeeld. Dit sluit foto’s van Potchefstroom se argitektuur, natuur, kultuurbedrywighede en mense in. Kategorieë in die fotografiese-afdeling is argitektuur, natuur, mense en diere.

Die inskrywingsgeld beloop R100 vir die eerste foto en daarna R50 vir addisionele foto’s. Die inskrywingsvorm vir die kompetisie kan aanlyn op die Facebookblad: Face of Potchefstroom verkry word.

Alle inskrywings wat elektronies ontvang word, sal deur die organiseerders na A3-grootte vergroot en van 11-30 Oktober in die Potchefstroomse Museum uitgestal word.

Die wenners word Saterdag, 30 Oktober tydens ‘n geselligheid by die museum aangewys. Besoekers sal in ruil vir ‘n blikkie kos, die geleentheid kry om vir die wenfoto van hul keuse te stem. Al die ingesamelde blikkieskos sal aan ‘n verdienstelike organisasie geskenk word.

Die wenners se foto’s sal in November in die Mooirivier Mall uitgestal word. Vir enige navrae, skakel gerus vir Angela Robinson of Janet Potgieter by 060 540 2009 of stuur ‘n e-pos na office@jannydjan.com.

Related Articles

Back to top button