SportSport

Die trotse Ferdie met die langasem

Onder die bekwame afrigting van Jolanda Rosin, het Isak ontwikkel van die klein seuntjie met die rooi hemp tot die kranige atleet met die blou hemp wat ‘n 4 kilometer in 16 minute kan kaf draf.

Isak Hitge,’n graad 9-leerling aan Ferdinand Postma Hoërskool, het in Mei 2014 sy eerste landloopwedloop van 1 kilometer op sewejarige ouderdom as leerling van Totius Akademie gehardloop.

Dit was net die begin vir Isak wat elke jaar voluit aan die landloopligas en NW-kampioenskappe deelgeneem het. Reeds van sy laerskooldae af het Isak saam met die Ferdie landlopers die atletiekbaan en strate om Ferdies plat gehardloop.

Onder die bekwame afrigting van Jolanda Rosin, het Isak ontwikkel van die klein seuntjie met die rooi hemp tot die kranige atleet met die blou hemp wat ‘n 4 kilometer in 16 minute kan kaf draf. In 2017, op negejarige ouderdom, het Isak sy eerste driekampwedloop afgelê. Sedertdien het hy aan die jaarlikse twee- en driekampligas van die NW-triathlon deelgeneem.

In die 2020/21 seisoen het Isak gefokus op tweekamp en sy tyd gedurende die seisoen verbeter tot 37 minute vir 2.5 kilometer hardloop, 10 kilometer fietsry en 2.5 kilometer hardloop.

Tydens die NW-kampioenskappe het hy derde in sy ouderdomsgroep geëindig. Hy wag tans om te hoor of hy vir die NW-span gekies is. Die SA kampioenskappe vind jaarliks in Junie of Julie plaas en is volgende op Isak se visier.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button