CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Inwoners woedend oor snoepie in woongebied

Suiddorp-inwoners is woedend nadat ‘n struktuur opgerig is om ‘n snoepie (tuck shop) op die hoek van Kruis- en Joubertstraat te bedryf.

Suiddorp-inwoners is woedend nadat ‘n struktuur opgerig is om ‘n snoepie (tuck shop) op die hoek van Kruis- en Joubertstraat te bedryf.

Dié snoepie het Maandag (29 Maart) amptelik geopen en word na bewering deur buitelanders bedryf.

“Daar is al sedert Oktober verlede jaar aan die snoepie begin bou. Die bouprojek het vir lank stilgestaan en is toe weer in Januarie volstoom voortgesit,” sê ‘n buurman wat anoniem wil bly. Volgens hom is daar ook nie bouplanne vir die geboutjie ingedien nie en oorskry dit die bougrens. Die buurman sê die eiendom in Kruisstraat 116 behoort aan ‘n trust. Die huis op dieselfde perseel is in 5-6 woonsteleenhede omskep en ‘n persoon is aangestel om al die verhurings te behartig. Dit is onder die toesig van dié verhuurder wat die snoepie-struktuur op die hoek gebou is.

Die buurman vertel verder dat die verhuurder nie vooraf toestemming by sy bure gekry het om ‘n besigheid daar te bedryf nie. “Hy het nadat die gebou in Februarie klaar opgerig is, na my toe oorgestap en my ingelig dat hy ‘n tuck shop daar gaan open. Hy het ook papiere na my toe uitgehou en gevra dat ek moet teken om my toestemming te gee. Ek het toe vir hom gesê ek keur dit glad nie goed nie.”

Intussen het wyksraadslid Johan Zerwick die struktuur onder die aandag van die munisipaliteit se boubeheer-afdeling gebring. Dié afdeling het ‘n amptelike brief aan die eienaar, M.L.O. Trust uitgereik waarin hulle van die oortredings ingelig is. In die brief staan dat daar glad nie bouplanne vir die struktuur ingedien is nie en dat daar oor die boulyn gebou is. Verder het geen bouinspekteur die perseel besoek om die bouregulasies te kontroleer nie. “Die bouprojek oortree Artikel 4 van die Nasionale Bouregulasies en Bouregulasie Wet van 1977. Verder word die eienaars verplig om die gedeelte wat oor die bougrens gebou is, te verwyder,” lees die brief.

Zerwick sê die struktuur wat daar opgerig is, is totaal en al onaanvaarbaar. “Die eienaars het glad nie ‘n aansoek by die wykskomitee ingedien nie. Die wykskomitee is in elk geval heeltemal teen die snoepie gekant. Verder het die eienaars geen besigheidsregte om ‘n besigheid daar te bedryf nie,” sê Zerwick.

Related Articles

Back to top button