SportSport

NWU mik hoog vir 2021 Varsitybeker

Hierdie immergewilde toernooi sal vanjaar weens Covid-19 voorvereistes in Pretoria plaasvind met wedstryde wat by die LC de Villiers-stadion se A- en B-velde, sowel as Loftus Versveld sal plaasvind.

Dit is Maandag die begin van ‘n gelaaide 2021 Varsitybekertoernooi met die NWU wat vanjaar hulle oë op ‘n tweede titel het. Hierdie immergewilde toernooi sal vanjaar weens Covid-19 voorvereistes in Pretoria plaasvind met wedstryde wat by die LC de Villiers-stadion se A- en B-velde, sowel as Loftus Versveld sal plaasvind.

Die NWU begin hulle bekerveldtog teen die NMU-Madibaz op Maandag, 5 April, voordat hulle Donderdag, 8 April teen die Shimlas te staan kom. Hulle sluit hulle week af met ‘n titaniese kragmeting teen Tukkies op Sondag, 11 April.

Hier is drie moeilike wedstryde en die Potchefstromers se vorm in daardie drie wedstryde sal grootliks ‘n bloudruk vorm vir die res van die volgende klomp weke in Pretoria, waar momentum en vorm op die regte tyd ‘n groter rol as van ooit tevore sal speel.

Foto’s: Barco Greeff

Die NWU sal ook met ‘n nuwe kaptein, Lincoln Daniels, sowel as die ervare Marco Donges op senter in die agterlyn staatmaak. Pienaar van Niekerk (vleuel) sowel as die nuwelinge, Conan Lefleur en Keagan Fortune, is van die spelers om voor uit te kyk. Voorlangs sal die slotte, Jandré Leonard, Malembe Mpofu en George van der Westhuizen hulle stempel afdruk.

Die agtsteman en flank, Andre Fouché sal ook sy goeie vorm wil voorsit na ‘n puik vertoning in ‘n onlangse oefenwedstryd teen die CUT-Ixias. Die x-faktor wat die heelagter, Chuiner van Rooyen vir die NWU bring, kan ook nie onderskat word nie.

Hier is die volledige NWU span vir die 2021 Varsitybeker:

Rehann Baumann, Jason Jansen, Komape Moloto, Arno Gustafson, Ruben du Plessis, Gustav du Randt Vernon Paulo, Jeandré Leonard, Malembe Mpofu, George van der Westhuizen, Awethu Lushozi, Wihan Nel, Chris Vermaak, Sphep Mabuza, Didi Sekati, André Fouché, Ruben Dreyer, Jandré de Beer, Riaan Genis, Caleb Louw, Keagan Fortune, Marco Donges, Lincoln Daniels (kaptein), Meyer Kriel, Conan Lefleur, Bernu Engelbrecht, Pienaar van Niekerk, Charl Pretorius, Keano Windvogel en Chuiner van Rooyen.

Related Articles

Back to top button