SportSport

Potchefstroomse skopboksers skop silver medaljes los

Hulle albei is die tweede beste skopboksers in hulle ouderdom en gewigskategorie ter wêreld en albei is trots Potchefstroom. Haar naam is Chané Bester en hierdie 14-jarige skrik glad nie vir fisiese kontak en om ’n paar houe in die kryt uit te deel nie. Inteendeel geniet sy haar gate uit sedert sy vier jaar …

Hulle albei is die tweede beste skopboksers in hulle ouderdom en gewigskategorie ter wêreld en albei is trots Potchefstroom.

Haar naam is Chané Bester en hierdie 14-jarige skrik glad nie vir fisiese kontak en om ’n paar houe in die kryt uit te deel nie. Inteendeel geniet sy haar gate uit sedert sy vier jaar gelede aan die sport blootgestel is.

Sy naam is Franco van Niekerk (10). Hy neem in dieselfde skopboksklub as Chané deel, het ook aan die WTKA Skopboks Wêreldkampioenskappe deelgeneem en het in drie afsonderlike style silwer medaljes verwerf.

2015 se SA kampioen in sy ouderdomsgroep (onder 37 kilogram) het sy talent oorsee nou ook bewys en hierdie klein mannetjie se doelgerigtheid en talent is iets waaroor sy ma, Elna, trots is.

“Hy is absoluut mal oor die sport en vertel altyd vir my dat hy nooit sal ophou nie. Hy droom daarvan om ’n EFC vegter te word,” vertel sy.

Tot dusvêr het Franco 24 goue-, 15 silwer- en nege bronsmedaljes in sy relatiewe jong loopbaan ingepalm.

Albei het verlede jaar vanaf 5 tot 8 November in Benidorm, Spanje by die WTKA Wêreldskopbokskampioenskappe silwer medaljes verwerf en verder hul groeiende talent bewys.

“Dit was ongelooflik gewees. Om daar te kon staan het al die harde werk die moeite werd gemaak. Daar was elke dag ’n geveg gewees en dit was belangrik om gereeld te wen om die topplekke te haal,” sê Chané.

Chané Bester wys haar medaljes
Chané Bester wys haar medaljes

“Sy was as jong kind baie aktief en is eintlik nog steeds. Sy is ook baie doelgerig en oefen altyd, soms ten koste van ander dinge, maar steeds vaar sy ook briljant in haar skoolwerk,” vertel haar pa, Francois.

In die kryt moet Chané superfiks wees en dit is by die Warriors Sportklub in Wolmaransstraat waar sy elke week goeie sessies onder leiding van Sensei’s Stefan en Stiaan Brown insit.

Gevegte hou gewoonlik tussen een minuut en 30 sekondes. Daar is gewoonlik drie rondtes en al mag dit kort klink, is dit baie lank as ’n mens aan die verkeerde kant van ’n teenaanval is.

Skopboks 007

“Dit is belangrik om te konsentreer en nie jou rug te draai nie. Ek het al so op die harde manier geleer. Dissipline en geduld is ook baie belangrik,” sê Chané.

Haar ouers moes self ’n plan gemaak het om haar by die kampioenskappe te kry,  omdat die koste so duur is. “Dit sal fantasties wees om borge te kry vir haar. Sy doen baie goed en dit maak dit moeilik as sy nie kan deelneem weens finansiële tekorte nie,” meen haar pa.

Verwag nog vir jare ’n groot medalje oes van hierdie twee uitblinkers wat beslis gaan raakskop!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button