EntertainmentNewsNews

Vermiste vorige Aardklop hoof gevind

Andries Vrey, die vorige uitvoerende hoof van Aardklop, is gister (29 Januarie) laatmiddag in Umdloti, KwaZulu Natal, in ‘n woonstel gevind nadat hy Woensdag (27 Januarie) as vermis aangemeld was.

Andries Vrey, die vorige uitvoerende hoof van Aardklop, is gister (29 Januarie) laatmiddag in Umdloti, KwaZulu Natal, in ‘n woonstel gevind nadat hy Woensdag (27 Januarie) as vermis aangemeld was.

Hy was Dinsdagaand laas aanlyn op sy foon en sy familie en vriende was bekommerd dat iets met hom kon gebeur het, omdat hy aan ‘n verswakte hart ly.

Volgens Netwerk24 het iemand wat hom op sy woonstelbalkon sien rook het op ‘n foto herken wat rondegstuur is en dadelik sy vriende in kennis gestel.  Hulle het hom in sy woonstel gevind waar hy in ‘n ernstige verswakte toestand en baie deurmekaar was.

Vrey is na die Umhlanga-hospitaal geneem. Luidens ‘n Facebook-inskrywing van die familie was “dit wel weer ‘n beroerte soos ons vermoed het.”

Sy familie is verlig dat hy gevind is en het almal vir hul boodskappe en ondersteuning bedank. 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button