EntertainmentNewsNews

Herald spog met 2020 se matriekafskeidrokke

Na verskeie versoeke van die publiek het die Herald besluit om vir twee weke foto’s van rokke wat graad-12 meisies verlede jaar tydens hul matriekafskeid gedra het, te publiseer.

Na verskeie versoeke van die publiek het die Herald besluit om vir twee weke foto’s van rokke wat graad-12 meisies verlede jaar tydens hul matriekafskeid gedra het, te publiseer.

nwu afr

In die verlede het die Herald ʼn kompetisie geloods en foto’s van meisies in hul rokke geplaas waarna die publiek vir hul gunsteling rok kon stem. Só kon almal hulle ook aan die mooi rokke verwonder. Pryse is ook aan die wenner en naaswenner van die mooiste rok uitgedeel.

Verlede jaar kon die Herald egter nie dieselfde matriekafskeidsrok-kompetisie loods nie, omdat die media finansieel ook onder die pandemie ly. Tog wil ons steeds aan die publiek die geleentheid gee om die mooi rokke te waardeer en nooi ons hiermee alle matriekmeisies om ʼn foto van hulself in hul rok in te stuur. Daar word voorlopig beplan om die foto’s in die Herald-uitgawes van 4 en 11 Februarie te publiseer.

Skryf só in:

  • Epos ʼn vollengte foto in JPEG-formaat aan Venessa van der Westhuizen: venessa.vdwesthuizen@media24.com
  • Merk die onderwerp van die epos: Matriekafskeidrok 2020
  • Skryf in die boodskap van die epos die meisie in haar rok se naam, van en die naam van haar hoërskool.
  • Foto’s wat in die uitgawe van Donderdag 4 Februarie verskyn, moet teen Sondag, 31 Januarie gestuur word. Foto’s wat op Donderdag, 11 Februarie verskyn, moet teen Sondag, 7 Februarie gestuur word.
  • Alle inskrywings is gratis.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button