CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Bekende Potchefstroomse advokaat en sportvrou sterf

‘n Bekende staatsaanklaer en sportvrou van Potchefstroom, advokaat Ditri Leijenaar, is Woensdagoggend, 16 Desember om 6:30 by haar huis aan kanker oorlede.

‘n Bekende staatsaanklaer en sportvrou van Potchefstroom, advokaat Ditri Leijenaar, is Woensdagoggend, 16 Desember om 6:30 by haar huis aan kanker oorlede.

Haar man, Cor Leijenaar, met wie sy 17 jaar getroud was, sê dat melanoomkanker reeds in 1998 by haar gediagnoseer was. Die kanker het later na haar limfsisteem versprei: “Dit is vir ons baie hartseer om haar te verloor, maar as ʼn mens dink dat sy vir 22 jaar kanker gehad het, is ons baie dankbaar dat sy so lank vir ons gespaar was.” Cor is ʼn dosent in biokinetika by die NWU en die bestuurder van die Instituut vir Biokinetika aan die NWU. Saam het hulle een seun, Rico Leijenaar (15), wat tans ʼn leerling by Gimmies is.

Ditri, gedoop Dirkilina Catharina Duminy, is op 3 Februarie 1976 in Potchefstroom gebore en was ‘n leerling van Hoërskool Gimnasium Potchefstroom voor sy haar studies in regte by die Noordwes Universiteit (NWU) voltooi het. Sy was verder as ʼn uitstekende middelafstand atleet bekend en het nasionale kleure in tweekamp gehad. Volgens haar man het sy ook ʼn groot voorliefde vir crossfit gehad.

Ditri het ‘n voorliefde vir crossfit gehad. Foto: Verskaf

Haar gesin onthou haar as ʼn leergierige en veelsydige persoon wat voluit geleef het. Behalwe vir haar LLM-studies wat sy later voltooi het, het sy ook later in haar lewe kitaarlesse begin neem. “Sy was toegewyd en perfeksionisties in alles wat sy aangepak het, maar bo alles was sy  ʼn liefdevolle ma en eggenoot. Ten spyte van haar lyding het sy ook nooit gekla nie”, sê Cor.

Ditri besig om in die gimnasium te oefen. Foto: Verskaf

Ditri laat haar man, Cor, seun, Rico, haar ouers, Christo en Carin Duminy en twee susters agter. Haar  verassingsdiens word op Dinsdag, 22 Desember om 10:50 vanuit die NG Kerk Miederpark waargeneem. Weens Covid-19-beperkings sal vriende, kollegas en familie slegs op uitnodiging die diens mag bywoon. Die publiek is welkom om Dinsdag by die regstreekse uitsending op Cor Leijenaar se Facebookblad in te skakel.

nwu afr

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button