SportSport

NWU se Swemmers is aan die Brand

Die NWU-Swemklub het tydens die jaarlikse Noordwes kampioenskappe, wat vanaf 3 tot 6 Desember in Rustenburg plaasgevind het, algeheel vierde uit 15 deelnemende klubs geëindig. Die mans (seuns) het ‘n tweede plek behaal, kort op die hakke van Rustenburg Otters en die dames (dogters) het 4de geëindig. ‘n Totaal van 41 junior en senior Pukke …

Die NWU-Swemklub het tydens die jaarlikse Noordwes kampioenskappe, wat vanaf 3 tot 6 Desember in Rustenburg plaasgevind het, algeheel vierde uit 15 deelnemende klubs geëindig. Die mans (seuns) het ‘n tweede plek behaal, kort op die hakke van Rustenburg Otters en die dames (dogters) het 4de geëindig. ‘n Totaal van 41 junior en senior Pukke het vir die kampioenskappe ingeskryf en hulle kon daarin slaag om 22 goue-, 36 silwer- en 25 bronsmedaljes in te palm.

Van Zyl Brand, met sy visier op die SA Senior Kampioenskappe, was die klub se voorste medalje-jagter, met 8 goud, 7 silwer en 1 brons. Willie Scheepers (afrigter van die Junior Pukkies) was op sy hakke met 7 goud en 4 silwer medaljes. Die ander medalje-wenners op die podium was Danita Blokker (2 goud, 4 silwer, 3 brons), Samantha Blaauw (2 goud, 1 silwer), Reino von Wielligh (1 goud, 3 silwer, 2 brons), Aiden Nel (1 goud, 3 silwer, 1 brons), Cornell Loubser (1 goud, 2 silwer, 1 brons), Retief Esterhuysen (4 silwer, 1 brons), Reynard Rossouw (2 silwer, 2 brons), Annien Muller (2 silwer), Tiaan Rossouw (2 silwer), Juandré Uys (1 silwer, 1 brons), Michelle Pistorius (1 silwer), Nadia Blaauw (4 brons), Michelle Bloem (3 Brons), Alexia Duarte (3 brons), Caylin du Plessis (2 brons) en Jack Cameron (1 brons).

Wanneer die aflosse hierby verreken word, styg die klub se medalje-oes aansienlik. Een van die hoogtepunte van die byeenkoms was die 400m Kruipslag aflos, waar Van Zyl Brand, Cornell Loubser, Samantha Blaauw en Willie Scheepers die huishoudelike rekord op aanskoulike wyse verpletter het.

Behalwe vir die silwerware wat huis toe geneem kon word, is puik kwalifiserende tye vir die onderskeie SA Streek- en Nasionale kampioenskappe opgestel, selfs onder die heel jongste swemmers wat aan hul eerste kampioenskappe deelgeneem het. Een van diè opkomende sterre is Juandré Uys, wat twee jaar gelede by die klub aangesluit het om te leer swem en tydens die kampioenskappe by herhaling vir die Vlak 3 Nasionale Klubkampioenskappe in Port Elizabeth gekwalifiseer het.

Nege PUK-swemmers het reeds vir die Nasionale Swemkampioenskappe gekwalifiseer: Drie vir die Senior afdeling, vier vir die Junior afdeling en twee vir die Paralimpiese kategorie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button