SportSport

Potchefstroom Swemklub kraai koning in groot provinsiale gala

Potchefstroom Swemklub is weer eens, soos in die vorige swemseisoen, aangewys as die beste swemklub in Noordwes tydens die 2015/2016 Noordwes Swemkampioenskappe wat in Desember in Rustenburg plaasgevind het. ‘n Totaal van 15 klubs het aan die kampioenskap deelgeneem. Die klub was die algehele wenner, die klub se damesspan was ook eerste en die mansspan …

Potchefstroom Swemklub is weer eens, soos in die vorige swemseisoen, aangewys as die beste swemklub in Noordwes tydens die 2015/2016 Noordwes Swemkampioenskappe wat in Desember in Rustenburg plaasgevind het. ‘n Totaal van 15 klubs het aan die kampioenskap deelgeneem.

Die klub was die algehele wenner, die klub se damesspan was ook eerste en die mansspan derde. Swemmers van Potchefstroom Swemklub het met 38 goue-, 31 silwer- en 25 bronsmedaljes huis toe gekom.

‘n Hoogtepunt was beslis die 13 jaar en jonger gemengde aflosspan, bestaande uit Idelé du Toit, Bianca Opperman, William-Stephen Slaughter en Theo Ferreira wat drie rekords verbeter het vir 200m vryslag aflos, 400m vryslag aflos en 200m wisselslag aflos. Zoli Kock, afrigter by die klub het ook teruggekeer na die swembad en twee goue-, een silwer- en drie bronsmedaljes verower.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button