CommunityLifestyleNewsNewsPhoto Galleries

Eet kolwyntjies en ondersteun kanker fondsinsameling

Wat ‘n wonderlike verskoning om jou aan die soete verleiding oor te gee! Besighede en individue word aangemoedig om teen 23 September kolwyntjies ten bate vir kinders wat kanker het, te koop.

Wat ‘n wonderlike verskoning om jou aan die soete verleiding oor te gee! Besighede en individue word aangemoedig om teen 23 September kolwyntjies ten bate vir kinders wat kanker het, te koop.

Cupcakes for Hope is ‘n niewinsgewende organisasie wat jaarliks die laaste naweek in September landwyd fondse insamel deur kolwyntjies te verkoop. Die fondse word gebruik om vir kinders se kankerbehandelings te betaal.

Die organiseerders van Cupcakes for Hope in Potchefstroom, Angelique Hall en Elmarieta van Niekerk, sê dat hulle weens Covid-19 nie soos vorige jare die kolwyntjies in die Mooirivier Mall sal verkoop nie, maar dat hulle op Vrydag, 25 September sommer die heerlike vars gebakte “koppiekoekies” by besighede sal aflaai.

Individue wat vooraf bestel, kan dit die volgende dag, 26 September by die Koeltetuin in Paryslaan of Gent’s Barber Shop, ‘n haarkapper in Maherrystraat, afhaal.

“Die publiek het ons nog elke jaar met groot liefde ondersteun, daarom is ons seker dit gaan vanjaar weer ‘n  groot sukses wees,” sê Angelique. Die kolwyntjies word teen R10 elk verkoop en bestellings moet teen 23 September gedoen word. Die minimum bestelling is 12 kolwyntjies.

Plaas bestellings by Angelique by 082 822 5250 of Elmarieta by 082 683 6055. Diegene wat nie vooraf bestel nie, is welkom om op 26 September hul kolwyntjies by die Koeltetuin se markdag te koop.

Related Articles

Back to top button