NewsNews

VIDEO: Lizz Meiring is gereed om vanaand by Paws saam die diere te oornag

18:00 gaan die groot aksie by Paws gebeur en die publiek is welkom om 'n draai te maak en die projek te kom ondersteun. 

Vanaand (26 Augustus) is die groot aand vir PAWS Potchefstroom wanneer die vermaaklikheidskunstenaar en aktrise, Lizz Meiring, in samewerking met Projek Paws in Paws se hokke gaan oornag.

Sy doen dit nie alleen om geld vir Paws in te samel nie, want Paws se bestuurder, Herman van der Sluis, sowel as die voorsitter, Darren Kruger, gaan ook oornag. Vanaf 11:00 -14:00 is daar allerlei werskwinkels en geleenthede waaraan die publiek kan deelneem. Tjhoko Paints, Ginger Love, B-You Photography en Gifts & All is van die besighede wat hulle liefde vir die diere van Paws met verskeie projekte wys.

18:00 gaan die groot aksie by Paws gebeur en die publiek is welkom om ‘n draai te maak en die projek te kom ondersteun. Daar gaan kosstalletjies en allerlei aktwiteite wees – boonop kan jy ook slegs R20 (of meer) skenk en tot die diere van Paws se geluk bydra.

Foto’s: Wouter Pienaar

Potchefstroom Herald het vanoggend met ‘n opgewonde Lizz Meiring by die Rooi Windpomp Sentrum in 61 Retiefstraat oor die projek gesels.

Kyk die video hier: (Video: Wouter Pienaar) https://www.youtube.com/watchv=TEvbw69FE_k&feature=youtu.be

Related Articles

Back to top button