AdvertorialFinanceNewsSponsored

Augustus is spaarmaand: Kyk dus sommer ook na jou aftrede-beplanning

Jenwil Blouster bied met trots weer hul gratis aftrede kongres aan. Die afgelope vier jaar het meer as 300 mense reeds waardevolle inligting ontvang rondom die finansiële, sielkundige en fisiese aspekte van hul aftrede en nalatenskap. Navorsing rondom die impak van Covid-19 dui daarop dat persoonlike finansies ‘n groot bron van kommer is vir ouer …

Jenwil Blouster bied met trots weer hul gratis aftrede kongres aan. Die afgelope vier jaar het meer as 300 mense reeds waardevolle inligting ontvang rondom die finansiële, sielkundige en fisiese aspekte van hul aftrede en nalatenskap. Navorsing rondom die impak van Covid-19 dui daarop dat persoonlike finansies ‘n groot bron van kommer is vir ouer persone.
Die grootste bekommernis is egter die Suid-Afrikaanse ekonomie wat ‘n direkte impak het op die opbrengs wat ons beleggings verdien. Verder word persone wat getrou gespaar het, gekonfronteer met die laagste rentekoerse in 25 jaar. Mense leef ook langer, wat beteken dat die spaargeld ook langer moet hou. So word dit aanbeveel dat ‘n 65-jarige vrou nie meer as 4.2% van haar kapitaal as inkomste behoort te neem vanuit ‘n lewende annuïteit nie. Vir elke R1 miljoen kry sy dus ongeveer R42,000 (R3,500 per maand) per jaar.
Hoe gemaak met stygende mediese kostes?
Is daar ‘n ander oplossing of kombinasies wat beter kan werk?
Sonder die nodige beplanning kan hierdie faktore jou maklik in ‘n aftrede krisis dompel.
Asof die finansiële aspekte nie erg genoeg is nie, word aftrede gesien onder die 10 mees stresvolste gebeurtenisse in ons lewens. Dit is dus nodig dat ons onsself hiervoor voorberei.
Ongelukkig wys die statistiek vir ons dat daar ‘n donker kant van aftrede is, wat gepaard kan gaan met swak gesondheid, eensaamheid en selfs depressie.
Die geheim vir ‘n gesonde, lang lewe blyk verder min te make te hê met ons fisiese liggame, maar meer met ons omgewing, ingesteldheid en verhoudings.
Ons aftrede beplanning kan dus nie net fokus op die finansiële sy nie. Natuurlik is dit ook nou van belang om te besin oor ons testament en boedel en wat met ons aarde besittings moet gebeur as ons nie meer daar is nie.
Om nie eers te praat van die nalatenskap ten opsigte van ons kennis, lewenslesse en verhoudings nie.
Dit is om dié rede dat Jenwil BlouSter hul aftrede kongres Donderdagaande om 18:00 in Augustus aanlyn aanbied in samewerking met Sentraal24, Glacier van Sanlam en vier fondsbestuurders: Amplify, Matrix, Truffle en Laurium.
Temas: 6 en 20 Augustus: Finansiële beplanning voor en na aftrede, testament en boedel.
13 en 27 Augustus: Aftrede afrigting, unieke oplossings vir aftrede portefeuljes.
Alhoewel die geleenthede gratis is, is bespreking noodsaaklik. Bespreek aanlyn by https://jenwil.webinargeek.com/retirement2020, stuur ‘n e-pos na office@jenwil.co.za of skakel (018) 175 0140.

 

Related Articles

Back to top button