NewsNews

Superstad van R11 miljard vir die Vaal

VANDERBIJLPARK. - Die eerste sooi van die superstad, Vaal River City is op 6 Mei amptelik gespit. Die Vaaldriehoek gaan binnekort met ’n nuwe ontwikkeling van R11 miljard aan die oewer van die Vaalrivier spog. Dit sal sowat 25 000 direkte en indirekte werksgeleenthede skep.

VANDERBIJLPARK. – Die eerste sooi van die superstad, Vaal River City is op 6 Mei amptelik gespit. Die Vaaldriehoek gaan binnekort met ’n nuwe ontwikkeling van R11 miljard aan die oewer van die Vaalrivier spog. Dit sal sowat 25 000 direkte en indirekte werksgeleenthede skep.

Die eerste sooi van Vaal River City is gespit deur burgemeesters Simon Mofokeng,  Gretha Hlongwane,  David Makhura en Lerato Maloka.  Foto: Lazarus Dithagiso
Die eerste sooi van Vaal River City is gespit deur burgemeesters Simon Mofokeng, Gretha Hlongwane, David Makhura en Lerato Maloka. Foto: Lazarus Dithagiso

Die dag is bygewoon deur burgemeesters Simon Mahole Mofokeng (Sedibeng), Gretha Hlongwane (Emfuleni), Bongani Baloyi (Midvaal), Lerato Maloka (Lesedi) en ander regerings- en nie-regeringsorganisasies. Volgens David Makhura, Gautengse premier is dit nou noodsaaklik dat nuwe nywerhede en ‘n nuwe ekonomie geskep word. Vaal River City sal bestaan uit 5 000 huise, ’n kantoorkompleks, winkels en ontspanningsgeriewe. Paaie na en van die ontwikkeling sal opgeknap word en heelwat staatsdepartemente sal kantore daar hê. 32 Swart boere sal by dié superstad gevestig word om hops te verbrou en dit aan die nabygeleë Heineken-brouery te voorsien.

“Die Vaaldriehoek gaan kort voor lank Gauteng se voedselmandjie word en toerisme in plaas van die staalbedryf sal die grootste trekpleister wees. Dit is die eerste ontwikkelingsgebied in Gauteng en dit sal nuwe ekonomiese lewe in die Vaaldriehoek en die provinsie blaas,” sê Makhura. Die geboue in Vaal River City sal glo gas van Sasol ontvang, aangesien Sasol se gaspype naby die nuwe ontwikkeling verbyloop na Sandton en ander gegoede buurte van Johannesburg.

Makhura meen daar kan lankal nie meer op Eskom staatgemaak word nie. Omgewingsbewustes is egter bekommerd oor die ligging van die nuwe ontwikkeling, omdat dit sowat 500 meter vanaf die New Vaal Colliery-oopgroefsteenkoolmyn en baie naby aan Lethabo-kragstasie gaan wees. Volgens Melissa Jane Cook, woordvoerder van die ontwikkelaars, sal die konstruksie van grootmaat-dienste aan ander infrastruktuur vir Vaal River City, aan die einde van die jaar begin.

Omgewingsgoedkeuring is reeds verkry en die bouwerk sal op 260 ha plaasvind, terwyl 100 ha as vleigebied bewaar sal word. Die projek sal mense ook toegang gee tot die Vaalrivier en dit sal Vereeniging en Vanderbijlpark verbind met ander Gautengse ontwikkelings soos Steyn City en die Blue Crane-ekopark. Mlungisis Hlongwane, streeksvoorsitter van die Suid-Afrikaanse Nasionale Burgerlike Organisasie sê hulle verwelkom die projek en is baie opgewonde.

“Ons wil seker maak die armstes onder die armes word bevoordeel deur die projek,” sê hy.

Related Articles

Back to top button