SportSport

Skeidsregter se fluitjie toonset sy rugbypassie

Die beste aspekte van skeidsregting vir hom is die gevoel van tevredenheid na ‘n wedstryd waar altwee spanne die geleentheid gegee is om hul talente binne die reëls te toon.

Rugby was nog altyd in die Roems-familie se gene daarom is dit geen verrassing dat Arno Roems ook daardie roete gevolg het nie. Roems is een van die Luiperds Rugbyunie se skeidsregters wat in die rugbyseisoen gewoonlik talle verskillende wedstryde blaas, of dit nou op klub of skoolvlak is. Roems se skeidsregters loopbaan is maar net ‘n deel van die bloed, sweet en trane wat hy in rugby gestort het. Roems was  ‘n speler vanaf 2001-2014 asook rugbyafrigter vanaf 2014-2018.

Arno Roems is een van Luiperds se top opkomende skeidsregters

Al is hy nog nuut as ‘n skeidsregter in terme van jare se ervaring, is hy reeds in ‘n jaar as die beste graad 3-skeidsregter by die Luiperds aangewys. ‘n Mens kan se dat Roems ‘n spesiale driekuns in rugby bereik het. “My familie (beide ouers en skoonouers) is rugbymense en dit word van jou verwag om rugby te speel. Ek het rugby begin speel toe dit nog onder gewig kategorie was op skool,” onthou hy.

“Ek het toe bietjie afgewyk gedurende my Graad 10 jaar, toe ek gewigoptel opgevat het. Ek het hierin Westelike Provinsie Junior Kleure en SA Junior Kleure verwerf en ook my land in die Statebond Jeugspele in 2000 verteenwoordig,” noem hy. Roems wou graag nog tyd op die rugbyveld spandeer, al het hy te veel beserings gehad om aan te hou om die kontaksport te speel. So het skeidsregting toe ‘n nuwe deur oopgemaak.

“Ek het so baie beserings gedurende my speelloopbaan gehad en dit het my tot die besluit gebring dat my liggaam nie meer die houe kan vat nie. Ek het toe afrigting probeer, maar my hart wou so graag op die veld wees. Ek het al in 2014 die skeidsregterskursus gedoen, maar nooit regtig voltyds geblaas tot laasjaar nie. My eertse wedstryd was ’n koshuis rugbywedstryd,” vertel hy.

Die beste aspekte van skeidsregting vir hom is die gevoel van tevredenheid na ‘n wedstryd waar altwee spanne die geleentheid gegee is om hul talente binne die reëls te toon.

“Ek geniet elke oomlik daarvan om op die veld te wees, al is dit ‘n onder 14 of klubwedstryd.” “Die slegte aspek is die feit dat ouers en ondersteuners skeidsregters met woorde aanval en afbreek.

Ek voel as jy dit nie self wil doen nie, hoekom die skeidsregter afbreek? Bou hom of haar op deur konstruktiewe terugvoering,” meen Roems.

In al die wedstryde wat Roems al geblaas het staan die Kovsies-Heimat teen NWU-Caput o.19 wedstryd vir hom die meeste uit.

“Die wedstryd was in ‘n goeie gesindheid gespeel albei spanne het aangeval om ‘n voordeel te kry. Dit het 12-12 geëindig.

Daar was ook geen bakleiery nie en die feit dat dit twee koshuise van twee universiteite was, het dit baie interessant gemaak omdat die tipe rugby so verskil het.

Ek het geweet dat ek op my beste moes wees. Altwee spanne was ook bly na die wedstryd,” noem hy. Roems se raad aan opkomende skiedsregters is om die spel so goed as moontlik te bestuur en dit eenvoudig met jou eie aanslag te hou.

“Gee jouself tyd om alle aspekte van rugby te verstaan en werk hard aan jou fiksheid. Die belangrikste is om jouself te wees.”

Vir diegene wat belangstel om by die Luiperd Skeidsregters Vereeniging aan te sluit kan hulle die webtuiste www.Leopardreferee.co.za besoek.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button