Editor's choiceNewsNews

VIDEO: Liggies skiet eerste skoot voor Interhoër

Vanoggend (13 Februarie) kort na middernag is interhoërgees na ‘n volgende vlak geneem toe Potchefstroom Gimnasium se skoolhek en ingang deur leerlinge van Hoërskool Lichtenburg met toiletpapier "versier" is.

 

Vanoggend (13 Februarie) kort na middernag is interhoërgees na ‘n volgende vlak geneem toe Potchefstroom Gimnasium se skoolhek en ingang deur leerlinge van Hoërskool Lichtenburg met toiletpapier “versier” is.

Volgens Hoërskool Lichtenburg se sporthoof, Michael Bondesio, is hierdie geesbou iets wat vir die afgelope vier jaar al ‘n instelling is.

“Elke jaar na die top 10-byeenkoms by Tukkies ry ons deur Potch en gee dan vir elkeen van ons top 10-atlete ‘n toiletrol om Gimmies en Volkies se hekke te versier. Hierdie jaar was ons bietjie laat en kon nie by Volkies ‘n draai maak nie. Dit is al ‘n instelling,” noem hy.

“Hierdie jaar het beskermingsdienste ons ook betrap, maar die skole weet al dit is ons. Ons het in die verlede ook al video daarvan vir geesvang gemaak,” voer Bondesio aan.

Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, het die sekuriteitsmaatskappy die voorval op die kringtelevisiekameras raak gesien waarna reaksiebeamptes na die toneel gestuur is.

“Die beampte het standaardprosedure gevolg waarna  die voorval aan die skool gerapporteer is,” het Haefele gesê.

By navraag oor die voorval het Gimmies bevestig dat hulle bewus is van die manewales en dat dit uit pure goeie gees uitgevoer is.

Related Articles

Back to top button