SportSport

Ikeys klop NWU in winderige Kaap

Twee drieë van Ikeys, net voor en na halftyd het die momentum vir die Tiere gegee.

Die NWU se Varsitybekerspan het nou twee wedstryde in ‘n ry verloor nadat hulle in Kaapstad met 31-24 teen UCT-Ikeys gisteraand gestruikel het.

Die NWU was vasbeslote om hulle eerste wen agter die rug te kry, maar die Kapenaars het ander planne gehad. Twee drieë van Ikeys, net voor en na halftyd het die momentum vir die Tiere gegee. Rayno Mapoe, se drie vir die tuisspan was puik net voor die halftydfluitjie na goeie balbesit en vinnige ‘n aangee vir hom spasie geskep het.

Die NWU Arende het ‘n goeie eerste helfte gehad en drie keer gaan druk met Khulu Ncuma en Lincoln Daniels (2) wat oor is. In die winderige toestande kon Riaan Genis ook net een doelskop deur die pale sit.

UCT het weer die punte in die tweede helfte gedomineer met Liam Furniss en Gary Porter wat slegs twee minute uit mekaar oodruik om die telling na 31-17 te neem.

Na UCT se Byron Cranswick en Nama Xaba beide geelkaarte gekry het, het die NWU se Ruan “Sampie” Swiegers gaan druk. Dit was wel ‘n geval van net-net te laat, met Ikeys wat die wen inpalm.

Fotos: ASEM Engage/Varsity Cup

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button