CommunityLocal newsNewsNews

Ongeveer 1 368 mense dood oor Kersseisoen – maak nou ‘n verskil

Sterftes tydens die Desember vakansie verhoog elke jaar. Jy kan 'n verskil maak...

Van 1 Desember 2014 tot 5 Januarie 2015 is daar 1 118 dodelike padongelukke met 1 368 sterftes. Dit is die realiteit van Kersfees en Nuwejaar in Suid-Afrika.
Duisende mense verloor ma’s, pa’s broers en susters oor ‘n tyd wat veronderstel is om familie bymekaar te bring.
Alhoewel padongelukke nie altyd vermy kan word nie, kan die getal sterftes wel verminder word met die hulp van die gemeenskap.
Die Suid-Afrikaanse Bloeddienste moet sowat 3 000 eenhede bloed per dag insamel, en soveel meer oor die Desembervakansie, weens die toename in padongelukke.
‘n Tekort aan bloed kan veroorsaak dat die statistieke van 2014/2015 nog meer verhoog. Die Potchefstroom bloeddienste vra dat elke Potchefstromer sy of haar kant bring deur bloed te skenk voor hulle op vakansie vertrek, of selfs te gaan skenk daar waar jy jou Kersfees gaan spandeer.
Volgens Maryke Steyn van die SANBS Bloeddienste in Potchefstroom is daar ‘n algemene tekort aan bloed, en word dit soveel meer oor die Kersseisoen.
Die Potchefstroom Bloeddienste het probeer om ekstra bloed in te samel op Saterdag 28 November in House & Home in Mooirivier Mall.
Daar het op die dag 31 mense bloed kom skenk, en niks van die bloed is gemors nie. “Elke ekstra bietjie help,” sê Steyn, maar tog is daar steeds ‘n groot tekort aan bloed.
Die Potchefstroom Bloeddiens wil dankie sê aan almal wat Saterdag kom bloed skenk het, maar ook aan diegene wat deur die jaar bloed geskenk het en so ‘n verskil in iemand se lewe gemaak het.
Die Potchefstroom Bloeddienste se ure is verleng op Dinsdae van 09:00-17:00 en Woensdae van 10:00-19:00. Hulle kantoor is in Esselenstraat langs Die Goue Oond.
Hulle wil Potchefstromers aanmoedig om ‘n uur of twee af te staan om bloed te kom skenk, en dalk ook ‘n lewe die Kersseisoen te red.

Sr. Ananda Liebenberg en Hanli Theron.  Foto: Marianke Saayman.
Sr. Ananda Liebenberg en Hanli Theron. Foto: Marianke Saayman.
Sr. Bernita Hassen en Zanrich van Rensburg. Foro: Marianke Saayman.
Sr. Bernita Hassen en Zanrich van Rensburg. Foro: Marianke Saayman.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button