Entertainment

Wen dubbelkaartjies vir dié Aardklop produksie

Jy kan nog net vandag dubbelkaartjies wen vir Die dinge van 'n Kind met Cintaine Schutte.

Jy kan dubbelkaartjies wen vir Die dinge van ‘n Kind met Cintaine Schutte.

“Stick with me, baby. Ek kan nie belowe dat ek jou famous sal maak nie. Maar jy sal fun hê langs die pad”.

Mart se opwindende, maar ook ontnugterende inisiasieproses begin met hierdie woorde van haar rebelse kamermaat. Die traumas van grootword, swangerskap en selfmoord word geplaas teen die agtergrond van die 70’s se politieke leuens, en die verminking van jong mans in die grensoorlog.
‘n Produksie vir elke ma, dogter en die mans in hulle lewens.

Met: Cintaine Schutte Teks: Francois Toerien na die roman deur Marita van der Vyver. Verhoogbestuur: Lize van Rooyen. Klankbaan: Schalk Joubert. Regie: Nicole Holm. Vervaardiger: Arena Produksiehuis.

Die Herald gee dubbelkaartjies vir die produksie weg.

Om te wen, stuur jou naam, van en selfoonnommer na marianke.saayman@media24.com voor 16:00 vandag (23 September) wanneer ons die gelukkige wenners gaan trek. Die onderwerp van die e-pos moet wees: “Aardklop dinge”.

Opskud! Tyd is min!

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button