SportSport

Luiperds o.21 tem Leeus o.21 op Olënpark

Die skrumskakel, Sylvester Hassien was ook 'n doring in die Leeus se vlees en het telkemale gate in die verdediging gehardloop.

Die Luiperds se o.21-span het in hulle laaste tuiswedstryd in vanjaar se o.21 Kampioenskap vir groot vreugde gesorg toe hulle die Leeus o.21 span met 33-28 verlede Saterdag, 17 Augustus geklop het.

Pienaar van Niekerk. Foto: Wouter Pienaar
Pienaar van Niekerk. Foto: Wouter Pienaar

Die held vir die Luiperds was die senter, Janlu Steenkamp, wat op losskakel diens gedoen het nadat die indrukwekkende, Tristan Oosthuizen, met ‘n besering die veld moes verlaat. Steenkamp het twee belangrike strafskoppe oor die pale gesit om in die tweede helfte ‘n oorwinning vir afrigter, Hannes Esterhuizen, se manne te verseker. Steenkamp het ook ‘n drie gedruk.

Die skrumskakel, Sylvester Hassien was ook ‘n doring in die Leeus se vlees en het telkemale gate in die verdediging gehardloop – definitief ‘n speler vir die toekoms. Nog ‘n NWU-Varsitybekerman, Pienaar van Niekerk het ook ‘n belowende wedstryd gehad en twee pragtige drieë afgerond. Die heelagter, Heinrich Botha, het die Luiperds se vyfde drie gedruk.

Vir die Leeus het Oupa Mthiyane, Shaun Williams, Tatenda Mujawo en Morné Brandon gedruk. Op die ou einde van die dag het die Luiperds se kragtige verdediging uitghou en kon hulle hul arms omhoog hou na die sege.

Die Luiperds o.21’s het nog een wedstryd oor vanjaar teen die Blou Bulle o.21’s en sal op Loftus een laaste groot poging insit om die seisoen op ‘n hoë noot af te rond.

Foto’s: Wouter Pienaar

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button