NewsNews

Man dood in brandende kar

‘n Man is Saterdagaand (10 Augustus) omstreeks 19:30 dood in sy kar by sy huis in Chris Hanistraat aangetref.

‘n Man is Saterdagaand (10 Augustus) omstreeks 19:30 dood in sy kar by sy huis in Chris Hanistraat aangetref.
Volgens Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, is ’n geregtelike doodsondersoek van stapel gestuur om die presiese oorsaak van die man se dood te bepaal.
Volgens haar het die polisie die man in die brandende voertuig op die perseel aangetref. Hy is op die toneel dood verklaar.
Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, het die bure dié sekuriteitsmaatskappy ontbied nadat hulle die brand gesien het. Die brandweer is ook ontbied en het die brand geblus.
Volgens Manyoba vorm die presiese omstandighede rondom die man se dood deel van die polisie se ondersoek en kan daarom nog nie bekend gemaak word nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button