LifestyleLocal newsNews

Steeds ‘n Vaaldriehoekse rekord: 78 jaar getroud!

In ‘n moderne wêreld waar een uit elke drie huwelike in die skeihof eindig, was dit in 2015 vir Ster se joernaliste ongewoon om kennis te maak met oom Herman en tannie Willie Kruger van Vanderbijlpark, wat in daardie stadium reeds 78 jaar getroud was.

In ‘n moderne wêreld waar een uit elke drie huwelike in die skeihof eindig, was dit in 2015 vir Ster se joernaliste ongewoon om kennis te maak met oom Herman en tannie Willie Kruger van Vanderbijlpark, wat in daardie stadium reeds 78 jaar getroud was.

Ongelukkig is tannie Willie die volgende jaar op 100 oorlede en oom Herman twee jaar later op die ouderdom van 105. Sover Vaalweekblad kon vasstel, hou dié egpaar steeds die rekord vir die langste huwelik in die Vaaldriehoek. (Die wêreldrekord van ‘n Amerikaanse egpaar is 87 jaar).

Herman Nicolaas Kruger, gebore op 7 September 1913 in Karos, sowat 45 kilometer vanaf Upington, en Johanna Magrieta Wilhelmiena (Willie) Beukes, gebore op 18 Maart 1916 op ‘n plaas langs die grens van die Kalahari, het by ‘n koorsangaand by ‘n kerk in Upington ontmoet. Sy was maar ‘n meisie van 16 jaar.

Die twee jonges het ‘n aantal jare uitgegaan voordat hulle op 2 Junie 1937 in Upington getroud is. Oom Herman was 25, tannie Willie 21. “Sy was pragtig, vir my is sy nog net so mooi,” het oom Herman in 2015 met ‘n vonkel in die oog aan Ster gesê.

Die egpaar het hulle in 1951 in Vanderbijlpark kom vestig, waar hulle met sewe kinders geseën is.

Die jong Herman het by Lewis Construction (later LTA) as skrynwerker gewerk en vele huise se dakke en binnewerk in Vanderbijlpark gedoen. As bejaardes het hulle by Huis Siësta ingetrek en oom Herman het nog tot lank na sy 100ste verjaardag motor bestuur.

Ster wou natuurlik destyds weet wat die resep vir hul lang en gelukkige huwelik was, waarop oom Herman geantwoord het: “’n Man gehoorsaam die vrou en die vrou die man. Daar moenie skouers gestamp word nie maar hande gevat word. ‘n Mens moet die op- en afdraandes saam stap.”

Tannie Willie se raad was: “Moenie so maklik skei nie. Mens moet sakke sout saam opeet en bymekaar staan.”

‘n Huwelik wat in die hemel gemaak is… en waar hule mekaar na hul dood ongetwyfeld weer gevind het.

Herman en Willie Kruger op hul verlowingsdag in 1936.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button