SportSport

Duiwe koer vanaf Colesberg

Nic Stassen loop tans voor met 3 165 punte, terwyl Salty de Villiers tweede is met 2 933 punte. Rassie de Jager vul die podiumplekke met 2 925 punte.

Die afgelope paar naweke het die stad se top blitsduiwe weer hulle spoed en vaart, dié keer vanaf Strydenburg in week agt van die seisoen, bewys. In die jaaroud-afdeling By Mooirivier Resiesduifklub (MRK) kom Hennie Aucamp se duifie eerste met gereelde podiumjagter, Johan Schlebusch se duiwe wat 2de, 3de en 4de plekke beklee. In die ope-afdeling kry JJ van Wyk en Seuns ‘n goeie oorwinning, met Sarel Naudé tweede en Schlebusch derde.
Die volgende week vlieg die duiwe vanaf Colesberg teen verbysterende hoë snelhede.

By die Potchefstroom Posduifklub maak Nic Stassen se duif ‘n skoon breek met 9 minute in die jaaroud-kampioenskappe en wen teen ‘n spoed van 1961 m/min (ongeveer 120km per uur). Hierdie spoed word as gevolg van ‘n sterk wind van agter behaal. Salty de Villiers se duiwe kom tweede en tiende, met Nollie Meintjies in die derde en sewende plek.

In die ope-afdeling is Stassen weer die voorbok en neem die eerste, sowel as sesde plekke. Riaan en Elmarie se duif behaal hier ‘n tweede plek en André Coetzee se duif kom derde.

Nic Stassen loop tans voor met 3 165 punte, terwyl Salty de Villiers tweede is met 2 933 punte. Rassie de Jager vul die podiumplekke met 2 925 punte.

By MRK kom Hennie Aucamp eerste in die jaaroud-afdeling, terwyl Des Humpel die 2de en 3de plekke inneem. In die ope-afdeling vat JJ van Wyk en Seuns ‘n goeie oorwinning net voor Schlebusch en Naudé.
Schlebusch hardloop tans weg met die klubtitel en het tans 2 380 punte agter sy naam. Naudé is tweede met 1 708 punte en Haupt Lofts derde met 1 166.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button