SportSport

Foto’s: Netbal vir Afrika by Volkies se Twizza Netbaltoernooi

Volkies se Twizza-netbaltoernooi is weer kookwater hierdie naweek.

Met meer as 20 van die top skole oraloor Suid-Afrika wat op die netbalbaan sake uitspook is Hoër Volkskool Potchefstroom se Twizza Netbaltoernooi ‘n sportbyeenkoms wat nie misgeloop kan word nie.

Hierdie toernooi wat jaarliks plaasvind en die eerste een onder die Twizza-vaandel is, het weer kookwaternetbal in die koue wintersbries opgelewer met gister (Vrydag, 12 Julie) se aksie op die eerste dag.

Die plaaslike skole. Potchefstroom Gimnasium en gasheerskool, Volkskool, het hier en daar klei getrap en sal op dag 2 beter vertonings wil lewer.

Volkies se Twizza Netbaltoernooi was weer een vir die boeke met uitstaande aksie op die baan. Foto: Wouter Pienaar
Volkies se Twizza Netbaltoernooi was weer een vir die boeke met uitstaande aksie op die baan. Foto: Wouter Pienaar

Die aksie begin vandag alreeds om 08:00.

Kyk die foto’s hier: (Foto’s: Wouter Pienaar)

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button