SportSport

Sterkman wil sy spiere teen die bestes bult

Suid-Afrika se sterkste manne gaan vanjaar by die African Strongman Union (ASU) se SA Sterkman-kompetisie spiere bult. Een besondere Potchefstromer gaan graag bo al dié ysters wil uittroon.

Suid-Afrika se sterkste manne gaan vanjaar by die African Strongman Union (ASU) se SA Sterkman-kompetisie spiere bult. Een besondere Potchefstromer gaan graag bo al dié ysters wil uittroon.

Coenraad “Takkie” van Staden maak gereed om as die sterkste man in Suid-Afrika in sy 105kg gewigsklas gekroon te word. Hierdie kompetisie vind vanjaar van 28 tot 29 September by Sun City plaas.

“Ek sal graag by die wêreldkampioenskappe wil deelneem, maar om uitgenooi te word, moet ek moet hierdie kompetisie wen en onder die top twee eindig by die Afrika-spele wat in November plaasvind,” sê Van Staden.

Buiten oefen vir die opkomende Sterkman-kompetisie is Van Staden tans deel van die Luiperds Curriebekerspan. “Ek moes weens ‘n slegte handbesering ophou rugby speel en het toe in Sterkman ingegaan, maar ek het weer aan die begin van hierdie jaar vir Heimat-manskoshuis se eerstes gespeel,” vertel hy.

Van Staden het einde 2016 aan sy eerste klein Sterkman-kompetisie deelgeneem en dit gewen nadat sy oom, Gerhard van Staden, ‘n professionele Sterkman-atleet, hom aangemoedig het om deel te neem net vir die genot daarvan. “Na die wen in 2016 is ek uitgenooi na die Suid-Afrikaanse kampioenskappe in 2017 en dit is waar alles begin het.”

Die trotse oomblik in Sterkman vir Van Staden was toe hy in 2018 met slegs een punt tydens die Afrika-spele tweede gekom het. “Teen einde 2020 wil ek die sterkste atleet in die wêreld wees in my 105kg gewigsklas, sowel as die wêreldrekord in beide log press en dead lift vir my gewigsklas hou.

Die broederskap, sowel as die feit dat jou grootste teenstander ook die persoon is wat jou die meeste aanmoedig, is van die aspekte wat Sterkman vir Van Staden die beste maak.

“Trok trek en enige press event soos die log press, is vir my die lekkerste om aan deel te neem. Ek hou die minste van die yoke event, aangesien dit basies ‘n squat-walk is met ‘n gewig wat jy op jou skouer dra wat tot en met 450kg kan weeg.

“My raad aan enigiemand wat Sterkman as sport wil doen is, dat dit is ‘n gevaarlike sport is. As jy iewers wil kom in die sport moet jy na jouself kyk.
“Jy gaan ook geduldig moet wees, jy kan nie verwag om in ‘n jaar se tyd die sterkste persoon in Suid-Afrika te word nie. Dit gaan tyd vat, veral omdat dit baie oor tegniek gaan,” sê hy.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button