SportSport

Luiperds is gereed vir aanslag teen SWD Arende

Evardi Boshoff oftewel “The Big Show” soos hy onder sy spanmaats bekend staan, het teen die OP 18 suksesvolle duikslae opgelewer en geen gemis nie.

Die Luiperds is nou op pad George toe vir hulle tweede kragmeting in die Curriebeker Eerste Divisie waar hulle die SWD Arende komende Vrydagaand (12 Julie) gaan pak.

Die Luiperds het verlede Saterdag, 6 Julie, vir OP met 15-12 geklop in ‘n taai wedstryd waar die bal enige kant toe kon gehop het. Dit was wel die Luiperds se verdediging en manier hoe hulle die druk hanteer het, wat hulle op die ou einde deurgedra het.

Foto’s: Wouter Pienaar

SWD het in hulle eerste wedstryd teen die Valke in ‘n driefees met 33-33 gelykop gespeel. Vir die Arende sal die ervare manne soos heelagter, Leighton Eksteen en Dillin Snel, kopsere kan veroorsaak. Die voormalige Luiperd, Gerhard Nortier, sal ook op nommer 10 die toutjies vir sy span wil trek.

Hy sal teen die Luiperds se nuutste losskakel, Evardi Boshoff, te staan kom, wat himself sover goed van sy taak gekwyt het en op verdedigign veral beindruk het. Boshoff oftewel “The Big Show” soos hy onder sy spanmaats bekend staan, het teen die OP 18 suksesvolle duikslae opgelewer en geen gemis nie. Verder is hy ook gevaarlik met die bal in hand en sal goeie balverspreiding van Boela Abrahams moet kry indien die Luiperds se aanval op volle stoom gaan loop.

Voorlangs sal die Luiperds se nuwe fonds, die oopkantflank, Chaney Willemse, sal ook sy goeie vorm wil voortsit na ‘n puik vertoning verlede naweek, wat hom die speler van die wedstryd-toekenning besorg het. Kaptein, Edmund Rheeder en Wandi Mazibuko sal ook goeie wedstryde wil hê.

Die wedstryd skop om 19:00 op Outeniquapark in George af.

Luiperds teen SWD Arende: 15. Chuiner van Rooyen; 14. SW Oosthuizen, 13. Tjaart Benadé, 12. Akhona Nela, 11. Pienaar van Niekerk; 10. Evardi Boshoff, 9. Boela Abrahams; 8. Edmund Rheeder (kaptein), 7. Chaney Willemse, 6. Wandi Mazibuko, 5. HP Swart 4. Danny du Plooy, 3. Robert Hunt, 2. Marius Stander, 1. Matimu Maganyi. Reserwes: 16. Jacques Gnade, 17. Brendon Strydom, 18. Bakkies Dlwengu, 19. Ruben du Plooy, 20. Nkosana Mathaba, 21. Nkululeko Mcuma, 22. Keagan Tait.

Related Articles

Back to top button