NewsNews

Seuntjie se liggaam in vrieskas gekry

Seuntjie se liggaam in vrieskas gekry

Thabong – Die liggaam van ‘n jaar en agt maande oue seuntjie, is Donderdag  in ‘n vrieskas  in ‘n buitegebou gekry wat vir kerkdienste gebruik word  in Thabong, Welkom.

Volgens polisie woordvoerder, kapt. Malebo Khosana, het die seuntjie se ma, Nthabiseng Molete (23), die kind se verdwyning by die polisie aangemeld op 26 Junie. ‘n Grootskaalse soektog is begin, waartydens een van die bure wat help soek het, die seuntjie se liggaam in die vrieskas in gekry het. Die seuntjie was reeds dood.

Die vrieskas het nie gewerk nie.

Die polisie het na die voorval die gemeenskap gevra om nie reg in eie hande te neem nie, maar die polisie toe te laat om hul ondersoek af te handel.

 

Related Articles

Back to top button