NewsNews

Twee Pitbull Terriërs uit Smitstraat vermis

'n Vrou vra die gemeenskap se hulp om haar twee Pitbull Terriërs op te spoor.

‘n Vrou vra die gemeenskap se hulp om haar twee Pitbull Terriërs op te spoor.

Die honde het gister, 27 Junie, uit haar erf in Smitstraat vermis geraak. Hulle is laaste in Du Plooystraat in die rigting van Mike’s Kitchen gesien.

Lilly is ‘n ligbruin en wit teef en is sewe maande oud. Turbo is ‘n donkerbruin en wit reun en is ‘n jaar en twee maande oud.

Skakel of WhatsApp Tyla Haasbroek by 071 123 9003 indien iemand weet waar die honde is.

Related Articles

Back to top button