SportSport

Groot nagwedloop op pad

Hierdie 5km wedloop se doel is om ‘n verskil in Potchefstroom te maak en Hefer nooi alle Potchefstromers uit om nie hierdie spesiale byeenkoms te mis nie.

Nie net is die Mej. Kampus finalis, Janelize Hefer, ‘n mooi gesig nie, maar het ook ‘n mooi hart om vir die gemeenskap terug te gee.
Hefer gaan op 18 Julie as deel van haar 67 minute vir Mandela-projek, ‘n nag-pretdraf aanbied, wat tonne pret beloof.

Nagwedlope het altyd ‘n goeie opkoms in Potch gehad en hierdie een behoort geensins anders te verloop nie.
Hierdie 5km wedloop se doel is om ‘n verskil in Potchefstroom te maak en Hefer nooi alle Potchefstromers uit om nie hierdie spesiale byeenkoms te mis nie.

“Die nagwedloop gaan by die Potchefstroom Dorp Rugbyklub begin en eindig en dit gaan ‘n lekker aand onder die sterre wees.
Daar gaan ook baie pryse wees,” noem sy.

Kaartjies kos R30 en is beskikbaar by Crossfit Raiona of by Hefer self.
Vir verdere navrae kan Janelize by 079 619 8825 gekontak word.

Related Articles

Back to top button