SportSport

Luiperds steeds onoorwonne by o.13 Cravenweek

Vir die Luiperds het Laerskool Mooirivier se veelsydige sportman en losskakel, Lhuan-dré Pretorius met twee doelskoppe en twee strafskoppe geslaag om die Luipies se tweede oorwinning te besorg.

Die Luiperds se o.13 Cravenweekspan het vanjaar by die 2019 o.13 Cravenweek in Witrivier hulle staal met twee goeie oorwinnings bewys. Dié jong bulletjies het vir Grens Platteland (19-14) en Grens (20-15) geklop.

Vir die Luiperds het Laerskool Mooirivier se veelsydige sportman en losskakel, Lhuan-dré Pretorius met twee doelskoppe en twee strafskoppe geslaag om die Luipies se tweede oorwinning te besorg. Daniel Nortjé en Francois Dumond het elkeen ‘n drie vir die Luiperds gaan druk teen Grens.

In die eerste wedstryd teen Grens Platteland was Pretorius in die kom met twee doelskoppe, terwyl Geoffrey French, Mokgaotsi Mosiane en Christiaan van der Bergh gaan druk het.

Die Cravenweek duur tot Saterdag, 29 Junie.

Lees meer in komende week se Potchefstroom Herald oor die nuutste nuus van beide die o.16 Grant Khomo-week en o.13 Cravenweek. 

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button