SportSport

Ferdies se o.15 netbalspan weer bo in die Dekalb-reeks

Ferdies wen die o.15-liga vir die tweede agtereenvolgende jaar nadat hulle met Hoërskool Sannieshof met ’n telling van 36-26 afgereken het.

Hoërskool Ferdinand Postma se netbalspanne het besonder goed in die Dekalb-reeks vir kleinskole gevaar. Ferdies wen die o.15-liga vir die tweede agtereenvolgende jaar nadat hulle met Hoërskool Sannieshof met ’n telling van 36-26 afgereken het.

Halftyd was die spanne gelyk, maar Ferdies het hul sokkies opgetrek en die knoop deurgehaak. Ferdies se doele het elke bal wat die verdedigers kón afvat in hul guns laat tel. Ferdies se tweedespan het naelskraap met 21-20 teen Hoërskool Stella in hul eindstryd verloor, terwyl die o.14- span 24-21 teen Hoërskool Bloemhof gewen het om die derde plek in die liga te beklee.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button