NewsNews

Potchefstromers verdien Kwela dorp van die jaar titel

Die tyd het aangebreek om te stem vir die Kwêla dorp van die jaar. Om vir Potchefstroom te stem moet die woord Potchefstroom na 33157 ge-SMS word. Stemme sluit 31 Mei en met elke nommer kan slegs 30 keer gestem word.

Die tyd het aangebreek om te stem vir die Kwêla dorp van die jaar. Om vir Potchefstroom te stem moet die woord Potchefstroom na 33157 ge-SMS word. Stemme sluit 31 Mei en met elke nommer kan slegs 30 keer gestem word.

Hoewel baie mense voel dat Potchefstroom heeltemal te ver agteruit gegaan het om enigsins die titel te verdien, is dit juis inwoners wat dié titel verdien. Die dienslewering waarmee die dorp sukkel gaan oor swak administrasie deur die dorp se besluitnemers.  

Gewone inwoners is die hartklop en room van Potchefstroom. Die Herald het al baie berig oor hoe inwoners mekaar bystaan,’n helpende hand aan mede-inwoners bied en self diensleweringskwessies aanpak omdat hulle  op hulle dorp trots is. 

‘n Ooglopende voorbeeld is die verskeie organisasies, soos DTB en AfriForum wat slaggate herstel, padtekens verf en die dorp verfraai. Die Cachetpark CID het ‘n gedeelte van die Bult onder hande geneem om vullisverwydering, sekuriteit en verfraaing te behartig. 

Inwoners het saamgestaan toe ‘n pa en sy seun op ‘n hoewe in Vyfhoek erg aangerand is. Kort nadat inwoners die berig in die Herald gelees het, het motorfietsryers van Potchefstroom die jong seun op sy verjaarsdag verras. Mense het ook met mediese kostes gehelp.

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/60345/vyfhoek-family-survives-brutal-attack/

Die Herald het berig oor ‘n bejaarde vrou in Ventersdorp wat moontlik die oudste persoon in die wêreld is. Martha Hester Sehao (121) het gesukkel omdat sy ‘n rolstoel nodig gehad het. Slegs ‘n week na die Herald berig het oor haar het inwoners bymekaar gekom en vir haar ‘n rolstoel geskenk. 

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/47547/granny-ventersdorp-oldest-world/

Potchefstromers het ook nie gehuiwer nadat hulle Joel Thanzi se verhaal gehoor het nie. Dié pa het gevra vir hulp sodat hy by sy dogter kan wees toe sy ‘n hartoperasie ondergaan het. Thanzi kon nie die vervoerkoste bekostig om by haar te wees nie. Inwoners het ingespring om vir Thanzi te help sodat hy langs sy tweejarige dogter se sy kon wees na haar operasie. 

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/58573/heartfelt-plea-doting-dad/

Potchefstromers is ook nie bang om self dinge te verbeter nie. 

Twee plaaslike atlete het tydens twee verskillende voorvalle slagoffers van misdaad gehelp om hulle besittings terug te kry. Verlede jaar in Augustus het Pieter Conradie, ‘n SA 400 meter atleet, twee diewe ingehardloop nadat hulle ‘n jong vrou se beursie gegryp het. Hy kon daarin slaag om die twee diewe vas te trek en die vrou se beursie en selfoon aan haar terug besorg. 

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/51121/sa-atleet-duik-twee-rowers-plat-om-beursie-terug-aan-damestudent-te-besorg/

Vroeër vanjaar het Johan Stadler een van sy spanmaats gehelp om sy gesteelde sak terug te kry. Hoewel hy 12 steke gekry het nadat hy geval het terwyl hy die dief gejaag het, kon hy daarin slaag om die gesteelde goedere terug te kry.

 

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/video_of_the_day/video-plaaslike-atleet-kry-12-steke-na-hy-dief-jaag/

Toe Thabo Kolodi besef het dat die munisipaliteit nie vir hom die HOP (RDP) huis kon bou wat al in 2014 aan hom belowe is nie, het hy besluit om sy droomhuis self aanmekaar te sit. Kolodi werk as tuinier en het self al die materiaal bekom totdat hy vir homself en sy gesin ‘n dubbelverdiepinghuis kon bou. 

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/54489/jong-pa-bou-dubbelverdieping-sink-paleis/

Waldouw Smit het in 2017 sy ouma na Gimmies se matriekafskeid geneem. Hy het besluit om uit dankbaarheid vir alles wat sy oupa en ouma al vir hom beteken het, haar na sy matriekafskeid saam te neem. Waldouw en ouma Yvonne het ’n staande toejuiging gekry toe hulle in ’n 1970 Mazda De Lux, wat reeds vier geslagte in die familie is, by Gimmies se sportveld opgedaag het. Smit is ‘n bewys van die soort gees wat Potchefstromers het.

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/39927/gimmie-matriekseun-neem-ouma-na-sy-matriekafskeid/

Hoewel alles in dorp nie altyd vlot verloop in terme van dienslewering nie, is daar geen ander groep inwoners wat die titel van dorp van die jaar meer verdien nie. 

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button