NewsNews

Potchefstroom is streekwenner in dorp van die jaar kompetisie

Potchefstroom is vanaand (28 April) as 'n streekwenner in die Kwêla dorp van die jaar kompetisie aangewys.

Potchefstroom is vanaand (28 April) as ‘n streekwenner in die Kwêla dorp van die jaar kompetisie aangewys.

Potch het, Klerksdorp en Krugerdorp uitgestof om na die finale ronde van die kompetisie deur te dring. Kwêla gaan nou ‘n insetsel op al nege van die finalis dorpe kom verfilm waarna die publiek van 18:00 op 26 Mei tot 12:00 31 Mei vir hulle wendorp kan stem.

Die algehele wenner word op 16 Junie aangekondig. Die wendorp kry R1 miljoen se bemarkingswaarde van Kyknet af. ‘n 45 Sekonde advertensie oor die dorp sal gemaak word waarna dit gedurende KykNET se advertensietyd uitgesaai sal word. Daar sal ook ‘n groot KIA dorp van die jaar-makietie gehou word.

Volgens Prof. Fika Janse van Rensburg, ‘n Potchefstromer in murg en been, is Potch ‘n dorp vol energie, deskundigheid en sakevernuf.

“Ons koester ‘n aansteeklike omgee-gemeenskap. Dit is wonderlik om te sien hoe die inwoners self moue oprol en eiernaarskap van die dorp se welstand, veiligheid en verfraaing neem,” het hy gesê.

Volgens hom kry dié historiese dorp, wat vanjaar 181 jaar oud is, dit reg om die perfekte balans tussen oudtydse sjarme en moderne argitektuur te handhaaf.

 

 

Related Articles

Back to top button