NewsNews

Vrou met vuurwapen in Dassierand beroof

’n Vrou is Vrydag 11 Januarie beroof terwyl sy na haar huis in Dassierand geloop het. Volgens polisiewoordvoerder ao. Mpho Manyoba, het die vrou omstreeks 18:30 langs die pad geloop toe twee mans haar genader het. Een het haar handsak gegryp en die ander het haar mond toegedruk terwyl hy ’n vuurwapen op haar gerig …

’n Vrou is Vrydag 11 Januarie beroof terwyl sy na haar huis in Dassierand geloop het.
Volgens polisiewoordvoerder ao. Mpho Manyoba, het die vrou omstreeks 18:30 langs die pad geloop toe twee mans haar genader het.
Een het haar handsak gegryp en die ander het haar mond toegedruk terwyl hy ’n vuurwapen op haar gerig het.
Die mans het haar selfoon uit haar handsak gevat en gevlug. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. ’n Saak van gewapende roof word deur die polisie ondersoek.

Related Articles

Back to top button