SportSport

Plaaslike atleet trap Potch na PE vir kankerbewusmaking

Die bekende Potchefstroomse atleet, Carmen Meyer, gaan hierdie Desember haar atletiekskoene vir fietspedale verruil wanneer sy vanaf Potchefstroom na Port Elizabeth ‘n somtotaal van 1 350 kilometer vir kankerbewusmaking gaan trap. Meyer het vanjaar die idee gekry om fondse vir kanker in te samel nadat sy op ‘n dag gaan fietsry het en die gedagte …

Die bekende Potchefstroomse atleet, Carmen Meyer, gaan hierdie Desember haar atletiekskoene vir fietspedale verruil wanneer sy vanaf Potchefstroom na Port Elizabeth ‘n somtotaal van 1 350 kilometer vir kankerbewusmaking gaan trap.
Meyer het vanjaar die idee gekry om fondse vir kanker in te samel nadat sy op ‘n dag gaan fietsry het en die gedagte in haar kop gekom het. Sy het toe die bekende nasionale Pink Drive-veldtog gekontak. Meyer se ma is ook in 2004 aan lewerkanker oorlede en sy dra ook juis hierdie veldtog aan haar ma op.

“My hoofdoel is om mense met kanker te help met fondse sodat daar beter navorsing vir kanker gedoen word. Dit is vir my belangrik om soveel hoop moontlik vir mense met kanker te gee. Dit gaan als om ‘n verskil te maak,” noem Meyer.

Volgens haar het sy besluit om die roete in 11 dae te verdeel waar sy dan elke oggend omstreeks so 07:00 by verskillende ruspunte en gastehuise die volgende deel van haar roete sal aandurf.
“Ek het toe ‘n kaart gaan uitwerk wat vir my die beste sou werk om van Potchefstroom tot in Port Elizabeth te kom. Daar is ook baie klein plekkies op my roete waar ek nog self nie was nie. Dixon Batteries gaan die veiligheidsmoter ry wat my op die pad gaan help en my bystand sal gee,” noem Meyer.

Die bekende Potchefstroomse atleet, Carmen Meyer, gaan vanaf 12-22 Desember van Potchefstroom na Port Elizabeth fietsry vir kankerbewusmaking. Carmen gaan ook haar rit aan haar ma opdra wat in 2004 aan kanker oorlede is. Hier staan Carmen (middel) saam met Micheal Boshoff (Dixon Vereeniging) en Louisa van Niekerk (Herbalife). Foto: Wouter Pienaar
Die bekende Potchefstroomse atleet, Carmen Meyer, gaan vanaf 12-22 Desember van Potchefstroom na Port Elizabeth fietsry vir kankerbewusmaking. Carmen gaan ook haar rit aan haar ma opdra wat in 2004 aan kanker oorlede is. Hier staan Carmen (middel) saam met Micheal Boshoff (Dixon Vereeniging) en Louisa van Niekerk (Herbalife). Foto: Wouter Pienaar

“Die son en die hitte dink ek is iets wat my definitief die meeste sal hinder. Taktieke wat ek sal gebruik is om heeltyd gehidreer te bly en seker te maak dat ek koel bly en my ligaamstemperatuur te hoog styg nie.”
Om voor te berei het Meyer besluit om elke oggend steeds haar normale drafroetine aan te pak en op naweke fiets te ry.

“Ek het nie nou net spesifiek besluit om op fietsry te fokus nie. Ek is net in ‘n wedren met myself, niks gaan my jaag nie, so die doel is nie om vinnig klaar te maak nie, maar eerder om van punt A tot B te kom,” verduidelik sy.

Meyer gaan op 12 Desember omstreeks 09:00 vanaf haar huis in Potchefstroom vertrek na Bothaville en beplan om op 21 Desember haar roete tot in PE, waar vriende en familie woon klaar te maak.
Meyer nooi ook plaaslike fietsryers om saam met haar dele van die roete te trap.
“Ek sal graag vir LeTour Cycles bedank vir die gebruik van hulle “Tri-Bars, as ook Dixon Batteries en Herbalife wat my vir hierdie veldtog borg,” het Meyer genoem.

Carmen Meyer se roete:
Dag 1: Potchefstroom na Viljoenskroon – 52km
Dag 2: Bothaville na Welkom – 82km
Dag 3: Bloemfontein na Jagersfontein – 122km
Dag 4: Jagersfontein na Colesberg – 172 km
Dag 5 – Colesberg na Venterstad tot in Steynsburg – 162 km
Dag 6: Steynsburg na Hofmeyr (45 km) na Cradock (68 km) – 113km
Dag 7: Cradock na Pearston – 152km
Dag 8: Pearston na Somerset-Oos – 50km
Dag 9 : Somerset-Oos na Kirkwood – 185km
Dag 10: Kirkwoord na PE – 65km

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button