SportSport

Potch Rolbalklub wen Noordwes Rolbal Premierliga

Potchefstroom Dorp Rolbalklub se mans het die Noordwes Rolbal Premierliga die derde jaar in ‘n ry gewen. Die span bestaande uit Pierre Breitenbach, Gene Hill, Gerrit Janse van Rensburg en Smittie Smith het 22 ligapunte bymekaar gemaak. Parys was tweede met 16.5 en Fochville was met 12.5 punte in die derde plek. Klerksdorp se vrouespan …

Potchefstroom Dorp Rolbalklub se mans het die Noordwes Rolbal Premierliga die derde jaar in ‘n ry gewen. Die span bestaande uit Pierre Breitenbach, Gene Hill, Gerrit Janse van Rensburg en Smittie Smith het 22 ligapunte bymekaar gemaak. Parys was tweede met 16.5 en Fochville was met 12.5 punte in die derde plek.

Klerksdorp se vrouespan (Jillian Booth, Bettie Beare, Dalene Peens en Rhonda Kallis) was die bobaas van die Vroue Premierliga. Die aanvanklike pasaangeër in die liga, La Farge van Lichtenburg het tweede geëindig, met Potchefstroom Rolbalklub derde.

Die Potchefstroom Rolbalklub is Saterdag die gasheer vir die laaste wedstryde van die Mans en Vroue Eersteliga. By die vroue is dit ‘n finaal tussen die klub se vrouespan wat bestaan uit Mina Carstens, Moira Hill, Jean en Marie du Toit wat speel teen Orkney (Burnadine Muller, Suzette Linden, Reinette Valentin en Adeline Earle met Janine Harvey as reserwe.

Die Mans Eersteliga wenner word bepaal deur ‘n rondomtalie uitspeel tussen die wenners van die drie seksies: 1.Orkney, 2. Klerksdorp en 3. Mafeking.

Die wedstryd tussen 1 en 2 het reeds op 3 Oktober plaasgevind en is gewen deur 1. Saterdag, ook by Potchefstroom Dorp, speel 1 teen 3 en die laaste wedstryd is tussen 2 en 3.

Die spanne is: Orkney: Johan Muller, Wilfred Quirk, Robbie van Staden en Herman Earle. Klerksdorp: Morne Kretschmer, Richard Summers, Clive Baily en Johnny Kotze. Mafeking: Johan van der Walt, Shadrack, Inno, Callie Venter en Kenny Matsheka.

 

Related Articles

Back to top button