NewsNews

Twee jong mans ernstig beseer toe bakkie rol

’n Oud-Volkie en sy kollega is Maandag ernstig beseer toe die bakkie waarin hulle gery het op die R53 Paryspad gerol het.

’n Oud-Volkie en sy kollega is Maandag ernstig beseer toe die bakkie waarin hulle gery het op die R53 Paryspad gerol het.

Heinrich Moorcroft (21) en Maniekie Khanoe (23), het Maandagoggend (29 Oktober) omstreeks 10:00 op die Paryspad gery om ’n vrag sand na ’n plaas te vervoer toe Heinrich skielik beheer oor die bakkie verloor het.

“Ek het probeer om beheer terug te kry, maar kon dit nie regkry nie,” sê hy.

Die bakkie is van die pad af, die as het gebreek en dit het daarna gerol. Hy sê hy kan niks verder onthou nie.
Volgens ER24 woordvoerder, Russel Meiring, is Maniekie uit die bakkie geslinger en beide Heinrich en Maniekie het beserings opgedoen.

ER24 was eerste op die toneel en het die twee gestabiliseer, waarna hulle na Mediclinic Potchefstroom geneem is.
Maniekie is later die dag na Medipark-hospitaal in Johannesburg gevlieg en is ook nou stabiel.

“Ons het vanoggend met die hospitaal gepraat en volgens hulle gaan hy nie geopereer word nie. Hy is wel nog onder verdowing, maar is stabiel,” sê Heinrich.

Heinrich Moorcroft en sy ma, Claudene Kruger. Foto: Marianke Saayman
Heinrich Moorcroft en sy ma, Claudene Kruger. Foto: Marianke Saayman

Met Maniekie het hulle die ergste voorspel, hy kon verlam gewees het en dit is ’n wonderwerk dat hy nie is nie.

Maniekie het ’n onstabiele nekbreek wat beteken dat sy spinaal in gevaar was. Volgens Heinrich kon die geringste verkeerde beweging komplikasies gehad het en dit kon daartoe bygedra het dat hy verlam sou wees.

Heinrich het ook ’n kopwond en wag nog vir x-strale om te kyk of sy linkerhand en linkervoet ook moontlik gebreek is.
Hoewel hy sê dat hy gemaklik voel, dink hy nie hy sal binnekort ontslaan word nie aangesien hy ’n diabeet is en sy suikervlakke ook sal moet stabiliseer. Hoewel hy reeds fisies baie beter voel, is hy emosioneel steeds getraumatiseer.

“Al waaraan ek kan dink is daardie laaste oomblikke voor die ongeluk, ek probeer soveel as moontlik onthou, maar ek kan net nie,” sê hy.

“Die ergste is die stres oor Maniekie en of hy okay gaan wees,” sê Heinrich.

Heinrich wil graag almal by sy werk bedank vir hul bystand en ondersteuning, asook Juan Duminy van ER24 wat heel eerste by die toneel was om hom en Maniekie by te staan.

https://www.nbcarsales.co.za/
https://www.nbcarsales.co.za/

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button