SportSport

“Craven week” van Sewes in Potchefstroom

Die SA Interprovinsiale Sewes Skoletoernooi gaan op 28 en 29 September vir kookwater hardlooprugby in Potchefstroom sorg wanneer die top skole sewesspelers op die Fanie du Toit Sportgronde gaan toesak.

Die SA Interprovinsiale Sewes Skoletoernooi gaan op 28 en 29 September vir kookwater hardlooprugby in Potchefstroom sorg wanneer die top skole sewesspelers op die Fanie du Toit Sportgronde gaan toesak.
Sestien spanne gaan aan die toernooi deelneem, met die Westelike Provinsie en die Leeus wat as die gunstelinge beskou word.
Die Luiperds sal as die tuisspan ook hulle naam gestand wil doen en hulle het beslis genoeg talent om met die groter unies te kompeteer. Daar is twee Potchefstromers in die Luiperd-span. Hulle is Gimmies se Giovanni Pestana en Billy Jacobs. Ander spelers om dop te hou is die flinkvoetige Isrome Phatudi van Klerksdorp Hoërskool en Lichtenburg se Ruben Oosthuizen.
Die groep uitspeelwedstryde vind Vrydag 28 September plaas en die eindstryde Saterdag 29 September. Die bekereindstryd skop om 12:50 op die Fanie du Toit se A-veld af.
Die Luiperds speel hulle eerste wedstryd Vrydag teen die Goue Leeus om 10:50. Die Luiperds speel dan om 13:30 teen die Vrystaat voordat hulle om 16:30 die laaste wedstryd van die dag teen Griekwas speel.
Luiperd-span:
Mosa Matonyane (Hoërskool Wesvalia), Isrome Phatudi (Klerksdorp Hoërskool), Goodwill Nchocho (HTS Klerksdorp), Lebo Tokholi (HTS Klerksdorp), Giovanni Pestana (Potchefstroom Gimnasium), Richard Champion (Hoërskool Lichtenburg), Ruben Oosthuizen (Hoërskool Lichtenburg), Leander Wiese (Klerksdorp Hoërskool), Dirkie Pretorius (Hoërskool Wagpos), Aubrey Reynecke (Hoërskool Lichtenburg), Billy Jacobs (Potchefstroom Gimnasium) en Wimpie Venter (Hoërskool Lichtenburg).

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button